Shows / Radioteater

Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Episodes
RadioteaterDIE NAGBESOEKERS deur Albert Short
Twee ou mense wat naby ‘n begraafplaas woon, word toenemend met die dood gekonfronteer. Aanvaarding en ontkenning word aanvanklik ‘n speelbal tussen die twee…
RadioteaterONVOLTOOID deur Ayden Kruger
Danel, ‘n sielkundige, meen sy het ‘n goeie lewe en ‘n gelukkige huwelik. Maar dan kom sy een dag vroeg tuis en betrap haar man, Bertus, saam met ‘n ander vrou…
RadioteaterSONDESEEP deur Susan Marais
‘n Gesiene inwoner van ‘n plattelandse dorpie iewers in die Noord-Kaap verdwyn te midde van die gemeentesusters se beplanning van ‘n kerkbasaar, ter…
RadioteaterDIE MAGRIETJIE deur Jenny Pieterse
'n Weduwee sukkel om oor haar man se dood te kom. Haar buurvrou sien om na haar Pa, wat terminaal siek is weens kanker. Dan kruis die twee se paaie en hulle…
RadioteaterDON JUAN deur Moliére
Hierdie argiefproduksie word uitgesaai ter viering van die Franse dramaturg, Moliére, se geboorte in 1622, vanjaar 400 jaar gelede. Molière was ‘n akteur…
RadioteaterKINDERS deur Erica Harris
Natasha kry onverwags toesig oor haar tienerseun, Tiaan. Nie sy of haar lewensmaat Bella is egter gereed vir die verantwoordelikheid nie. Die spelers is Nadia…
RadioteaterNAAND, JOSEF deur Albert Short
‘n Man verdwyn soos ‘n groot speld terwyl hy oor 'n uitgestrekte vlakte reis. Die enigste mense wat op die vlakte bly, is twee ou tannies in ‘n afgeleefde…
RadioteaterSTERSTOF deur Cecelia du Toit
Dit is 2052 en twee mense word na Mars gestuur om daar kos te verbou. Wanneer hulle egter tydens die sending wakker word, kom hulle met ‘n skok agter dat hulle…
RadioteaterWAAROM, HERE? deur Joey van Niekerk
Die drama vertel die verhaal van Saggeus, die tollenaar. Hy was in jy jeug opstandig omdat hy nie kon deel hê in die voorspoed en rykdom wat regeringsgesindes…
RadioteaterDIE DOOD VAN BITITI deur Adriaan Havenga
'n Wildsplaas... 'n Familieplaas... 'n Erfplaas... Dis waar die verhaal afspeel. En, soos dit maar dikwels met familie gaan, is daar onderlinge jaloesie en…
RadioteaterDIE VUURVLIEGDIEF deur Madeleen Welman
‘n Hartroerende verhaal wat die storie van die onwaarskynlike ontmoeting tussen Ria (‘n angstige, afhanklike vrou in haar tagtigs) en William (n deurwag by ‘n…
RadioteaterDIE WILDSBOUDJIE deur Fritz Steyn
Die lollery begin wanneer dominee Gompul ongemaklike vrae het oor ‘n wildsboudjie wat spesiaal vir hom voorgesit word. Hy kuier op die plaas van Sarel du…
RadioteaterEN DAAR WAS SKAAPWAGTERS deur NP Van Wyk Louw
Drie skaapwagters pas skape op in die Roggeveld, iewers tussen Calvinia en Sutherland, enkele dae voor Kersfees. Dis in die jare vyftig. Dis baie droog. Abram…
RadioteaterSIEN JOU WEER GISTER deur Niel Steenkamp
Twee akademici, een by 'n universiteit en een by 'n privaatinstansie, wedywer om die eerste te wees om 'n suksesvolle tydmasjien te bou. Die spelers is Jakkie…
RadioteaterDIT KLINK NA DONDERWEER deur Maria Vos
Die verhouding tussen ma’s en dogters is uniek, en soos die jare aanstap verander die verhouding deurentyd. Dogters word groot. Ma’s ontdek ‘n lewe onafhanklik…
RadioteaterHYGEND HENNIE deur Joe Kleinhans
In sommige huise word troeteldiere soos kinders behandel – en die dierekinders smokkel maklik met hulle eienaars se koppe. Die troetelhoenderhaan, Hennie…
RadioteaterONDER DIE APPELLIEFIEBOS deur Marlise Joubert
‘n Sensitiewe tiener beplan ‘n begrafnis vir haar geliefde kat op hulle plaas. Haar broer bou die kissie, en haar beste vriendin staan haar by. Ma Hanna…
RadioteaterKRONKELPAD deur Ronel Mostert
Lize Rademeyer, ‘n beelskone meisie met ‘n gebroke hart, bevind haar op ‘n gevaarlike plaasgrondpad sonder petrol en oënskynlik ‘onder die invloed’ wanneer…
RadioteaterDONKERHOEK deur Nicola Hanekom
Op die plaas Donkerhoek in Kannaland speel ‘n sombere verhaal af tydens ‘n verwoestende en verterende brand, aangehits deur ‘n wraaksugtige piromaan. Sy…
RadioteaterWILDE ALS deur Wessel Pretorius
Hilde Kraus, ‘n legendariese skrywer in haar sestigs, sonder haarself in ‘n plaashuisie in die Karoo af om haar finale, outobiografiese roman te skryf, jare na…
RadioteaterHEMELBLOU deur Isabel Martinson
Amanda Nel en Karoli Vermeulen ontmoet mekaar op 'n parkbankie op 'n wolklose dag. Amanda is op dié spesifieke dag al vir twee jaar 'n weduwee. Sy het nog nie…
RadioteaterNAG KARLIEN deur Bettie Kemp
Tevore het jy hulle altyd op DEURNAG OP RSG gehoor. Omroepers wat luisteraars, veral die Siele op Wiele, geselskap hou. Bettie Kemp, wat vroeër jare die skof…
RadioteaterGREEN ROOM deur Ilne Fourie
Die drana speel af in ‘n green room waar menige akteurs al meer tyd spandeer het agter die verhoog as op die verhoog, tydens repetisies om iets te drink…
RadioteaterOOM WILLEM SE BANKIE deur Magdel Brand en Appel van Rensburg
Waarskuwing: Die volwasse tema en van die taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee. Dokter Willem Oberholzer se lewensverhaal lees nie soos die…
RadioteaterKLIPGEBEDE deur Schalk Schoombie
Waarskuwing: Geweld en kru taal. Marina en haar seun, Gerbrand, is slagoffers van gesinsgeweld. Marina vertel haar lewensverhaal aan haar vriendin Katryn, en…
RadioteaterBOERETROOS deur Erica Harris
Jongmanne, wat opsoek is na hulle identiteit en plek in die samelewing, se herhaalde kwaaijongstreke word al hoe meer gewaagd, en lei uiteindelik tot moord. 'n…
RadioteaterAS IS VERBRANDE HOUT deur Janine van der Linde
Hester se man se laaste versoek was dat sy as gestrooi moet word op sy geliefde plaas in die Noord-Kaap, waar hulle lank terug gewoon het. Die droogte het…
RadioteaterDAAR'S IETS OMTRENT DAISY deur William Oosthuizen
Die inwoners van Aftreeoord Vredendal is terug, en hierdie keer met meer opwinding. Let wel… dis ‘n aftreeoord en níé ‘n ouetehuis nie, want daarvoor is…
RadioteaterSPOOKTREIN deur Albert Short
Een maal per jaar hou hy stil met dik rookwolke wat stoom... die spooktrein. Twee dolverliefde spookjagters besluit om die trein daardie aand op ’n syspoor op…
RadioteaterDIE BEGRAFNIS deur Rudie van Rensburg
‘n Langdradige lykbesorger, ‘n Pretoriase paaldanseres en ‘n skottel sousboontjiebredie is maar ‘n paar van die dinge wat ‘n weduwee beproef met die ter…
RadioteaterDIE LAASTE WOORD deur Lee Doubell
Die drama speel oor drie tydperke af. Kom verlustig jou in ‘n eeu se omswerwinge van Eugene Marais se geliefde en alombekende gedig, Winternag. Eers die…
RadioteaterROTS VAN VERSKRIKKING, saamgestel uit die werk van Eugène Marais
Die bekroonde regisseur Ilsé van Hemert se verhoogproduksie, Uit die bloute, het in die jare 90 landwyd opslae gemaak. Hierdie werk, saamgestel uit die…
RadioteaterMAKKIE ONTHOU deur Adelle van Wyk
Die drama is die wenner van die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Makkie Ghall word deur die polisie ondervra nadat ‘n lyk in haar werkgewer se…
RadioteaterSTERREREËN deur Hendie Grobbelaar
Die drama het die tweede prys ingepalm in die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie van 2020. 'n Student se ma vra hom om haar huis op te pas terwyl sy oorsee…
RadioteaterMORGENSTER deur Philip Nolte
Dit is 2040 en Suid-Afrika is onherkenbaar. ‘n Dispotie. Die post-pandemie regering het ekonomieë verander en kontroleer die land met ‘n diktatorshand…
RadioteaterHULLE NOEM HOM MAMBA deur Adriaan Havenga
Wenner van die prys vir Beste Jong Skrywer in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Elbie is ‘n kranige skrywer wat hoop om haar eerste boek te…
RadioteaterDIE KLEED deur Joey van Niekerk
Die drama handel oor ‘n gesin se ervarings voor en gedurende die Joodse Pasga, en hulle persoonlike geloofstryd en -insig. In die sterbelaaide rolverdeling kan…
RadioteaterPAP EN KAVIAAR deur Isabel Martinson
Die drama is die wenner van die merieteprys in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Die Bennets, Koba en Loek, gaan ontmoet hulle aanstaande…
RadioteaterDOLLER AS KOPAF deur William Oosthuizen
Freek is verveeld in die tehuis waar hy woon, en besluit om vir hom ‘n “speelding” te bestel, al twyfel sy vriende Dawid en Hardus oor dié waagstuk. Dit maak…
RadioteaterBRING VIR CARLI deur Janie Lighthelm
Tehan Kriel is ‘n geniale student wat oor die tou trap in sy eerste jaar op kampus. Tien jaar later lyk die lewe heeltemal anders vir hom. Hy is 'n doktor. Hy…
RadioteaterHALLELUJA AMEN deur Ilne Fourie
Dit is ‘n baie belangrike dag vir Broer Gawerjal Grootwoord. Die nuwe dominee op die dorp, ds. Hendrik Hermanus Haasbroek, word vandag verwelkom, en Broer…
RadioteaterDIE MASJIENTJIE deur Joe Kleinhans
Beatrice Nortje is ‘n werklose boekhouer en enkelouer van ‘n twintigjarige verstandelik gestremde seun, Damien. Haar posisie raak al hoe meer benard as dit…
RadioteaterDIE KAPTEIN EN SY VROU en DIE SPOOK VAN TANT LETJIE deur I.D. du Plessis
Wanneer laas het jy ‘n goëlstorie gehoor? Die eerste mimidrama is ‘n Russiese periodestuk wat in 1852 in ‘n dorpie buite Moskou afspeel. Die Kaptein en sy vrou…
RadioteaterBOETIE ONTMOET 'N ALIEN deur Johann Smith
Stel jou voor: ‘n Doodgewone Suid-Afrikaanse plaas. Een van die gesinslede het pas teruggekeer uit die buiteland, en is redelik rebels. Die skoolseun in die…
RadioteaterLIEFDE IS 'N ROOS deur Tennessee Williams
Serafina Delle Rose is ‘n Italiaanse Amerikaner en ‘n passievolle, wispelturige, middeljarige vrou wat hard probeer om haar dogter volgens die Katolieke geloof…
Radioteater'N TWEEDE KANS deur Ronel Mostert
'n Liefdesverhaal wat aanklank sal vind by diegene wat in die liefde ontnugter is, maar wat dan, sonder dat hulle dit verwag, 'n tweede kans op geluk kry. Leah…
RadioteaterJOHANNA SE ELVIS deur Hendie Grobbelaar
Johanna Apolis is ‘n voorslag as dit kom by die uithaal van blinklywe. Dis haar ambisie om gereken te word onder die vistermanne deur die heel grootste vis van…
RadioteaterNAG VAN DIE VER MUSIEK deur Engela van Rooyen-Linde
Andries Smith is emosioneel afgestomp teenoor sy gesin, bestaande uit sy vrou Alet, en hulle tweeling, Larry en Lara. Wat sou die rede daarvoor wees? Is dit…
RadioteaterHUISHOU deur Philip Rademeyer
Twee wit vroue in Kaapstad wil ‘n swart kind aanneem. Die ouer vrou, Dirkie, is ‘n lektor in sosiologie en dryf die aannemingsproses. Dirkie wil sorgvuldig…
RadioteaterDIE PRYS deur Joey van Niekerk
Susan Pretorius, tuisteskepper en ywerige lid van die VLU, wen ’n koekbakkompetisie met ’n droomprys – een wat sy en veral haar man, Hermaans, nie verwag het…
RadioteaterMOF EN SY MENSE deur C.J. Langenhoven
Frikkie van Zyl en sy aangenome suster, Poppie, woon op 'n plaas in die Klein Karoo tydens die Spaanse griepepidemie van 1918. Frikkie tree op as versorger op…
RadioteaterBLOEDMAAN deur Martyn le Roux
Bloedmaan is is die opvolg van die veelbekroonde BLOEDLYN (2015). Die storie neem ons na die hartjie van die Tankwa-Karoo. ʼn Groot skroef is los in die…
Radioteater‘N TRAGIESE KÊREL, TEEN WIL EN DANK deur Anton Tjechof
Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, ondersoek die pyne van armsalige huishouer en eggenoot, Iwan Iwvanowietsj. Hy is…
RadioteaterOU WYNTOON EN DIE WEERLOSE KREATUUR deur Anton Tjechof
Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, gee vir ons met Ou Wyntoon en die Weerlose Kreatuur 'n kykie in die…
RadioteaterDIE AASVOËL deur Elton Louw
’n Man sit rustig en rugby kyk, wanneer ’n jong inbreker hom onkant betrap. Die twee mans wil mekaar aan die keel gryp, maar besef dat hulle baie meer in…
RadioteaterBLOMME VIR DIE WINTER deur NP van Wyk Louw
Blomme vir die winter speel af in Parys, Frankryk, en is 'n verhaal oor onbeantwoorde liefde. 'n Man koop blomme vir 'n vrou wat hy eendag per toeval…
RadioteaterMIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius
Mavis Kellerman is 'n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van 'n…
RadioteaterKRAG deur Lee Doubell
Dit is 2020. Suid-Afrika is vir die derde keer in grendelstatus, en die landsburgers is siek en sat vir die virus en die rigiede regulasies. Hester is 'n…
RadioteaterELLA SE PERDE deur Charles J. Fourie
Die bekroonde toneelstuk is spesiaal vir die radio verwerk, en handel oor die “perdevrou van die Overberg”, Ella Gordon Dove Colston. 'n Legende van die…
RadioteaterDIE BLIKSLIM deur Martyn le Roux
'n Savant wat rolprente, van die draaiboeke tot die vervaardigers en akteurs, soos die palm van sy hand ken, ontmoet 'n aanvallige nagraadse sielkundestudent…