Shows / Radioteater

Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Episodes
RadioteaterOU LEEUMELKER deur JWF Grosskopf
Oom Hansie is trots op sy kennis en ervaring as jagter, selfs al word hy deur die jonger geslag onderskat. Sy liefde vir die ou tradisies bots met die moderne…
RadioteaterO, DIE DONKIE deur Pietman Geldenhuys
Die Pauw-tweeling (Jacques Bessinger en DeKlerk Oelofse) erf ’n plaas. Die padstal-duo (Richard van der Westhuizen en Anrich Herbst) vorm ‘n teenpool van…
RadioteaterWRINGKRAG KINNERS deur Hein Henry Poole
Op ‘n plattelandse dorp is daar ʼn diep geheim wat John Junior en Nessa gaan skok. Hulle ouers verkies om dit stil te hou, omdat dit regtig nie saak maak nie…
RadioteaterDIE WEGRAPING VAN TANNIE KLEINTJIE DU PREEZ deur Fanie Viljoen
Tannie Kleintjie du Preez, die matriarg van die plaas Galilea, kry ’n onverwagse oorvalling by die hoenderhokke. Sy is met die helm gebore, en jaag almal op…
RadioteaterDIE SPREEKKAMER deur Almero Welgemoed en Pietie Beyers
Die kompleksiteit van mense se verhale wat in 'n sielkundige se spreekkamer ontvou, is unieke verhale met 'n universele tema - om te behoort, om veilig te wil…
RadioteaterHAMLET deur William Shakespeare
Hamlet moet sy pa, Ou Hamlet, se dood wreek. Hy word besoek deur sy pa se gees wat deurentyd by hom spook om die opdrag uit te voer. Dit bring Hamlet in…
RadioteaterDINK JY DAREM NOG AAN MY? deur Francois Bloemhof
Leandri kom per trein aan op die klein dorpie Stilwater. Die plan is om vir ’n onbepaalde tyd in Soes se losieshuis te bly om rus te vind ná onlangse gebeure…
RadioteaterPLASTON: DNS-KIND deur PG du Plessis
Plaston (Grieks vir ‘hy wat gemaak is’) is ‘n 19-jarige, beeldskone jong man wat kunsmatig deur wetenskaplikes geskep is. Hy kom op die afgeleë dorpie…
RadioteaterJAKARTA MAMMA deur Lee Doubell
JAKARTA MAMMA is ‘n hartroerende verhaal oor die krag van ‘n ma (in hierdie geval ‘n paar ma’s) se liefde. ʼn Swanger Suid-Afrikaner word in Indonesië gevang…
RadioteaterSHIRLEY SE SKULD deur Anene Loots
In weerwil van die feit dat die bejaarde Rina in ‘n aftreeoord woon, wil sy steeds avonture aanpak en haar lewe geniet. Wanneer dit lyk of daar ‘n kans is dat…
Radioteater‘N BLOMMEKROON VIR BELINDA deur Almé Swart
Elke middag om klokslag half twee kom Belinda by die winkel in. Dan soek sy die tafel teen die muur, want sy wag vir haar man. En wanneer kom haar man? Hy kom…
RadioteaterTAAISPUL deur Madeleine Venter
Ou liefde roes nie, lui die spreekwoord. As dit jou het, het dit jou. Daar is nie wegkomkans nie. Die liefde is ‘n taaispul. Dirk kry op sy oudag spyt oor die…
RadioteaterVERRAAD deur Anneli du Preez
Jaco en Phillip, ʼn getroude paartjie, kom voor ‘n uitdaging te staan wanneer een van die partye erken hulle voel nie meer dieselfde nie. Soos wat die middag…
RadioteaterTWEEGESIG deur Lena Nel
‘n Mens moet nooit te maklik vertrou nie. As dit blyk te goed om waar te wees, is dit gewoonlik so. Sake neem ‘n dramatiese wending wanneer Alexander Brink…
RadioteaterLAM VIR DIE PASE deur Nico Luwes
400 jaar van stilte word verbreek. Sal jy trek of sal jy agterbly? Is die opoffering die moeite werd? Hierdie ou verhaal speel af in die tyd van die…
RadioteaterVIER DAE VOOR KERSFEES deur Estel de Beer
Ons vier Kersdag op ‘n plaas in Suid-Afrika. Ontmoet die Scheepers-familie waar hulle op hul plaas woon en werk. Een broer is pas klaar studeer, die ander…
RadioteaterDIE SKULDIGE IS DUS... deur Eleanor Lombard
Adjudant-offisier Lokkie Homes en sy assistent, sersant Jamie Watson, ontvang ‘n oproep: ‘Julle moet dadelik kom. Ek dink iemand is vermoor!’ Soos hulle…
RadioteaterNOLS D'AMUS deur Hendie Grobbelaar
Nols D’Amus, deur Hendie Grobbelaar, vertel die storie van Nols wat per ongeluk in 1999 in die Vallei van Tussen-In beland. Daar ontmoet hy ‘n paar…
RadioteaterDIE BELOFTE deur Paula Hartzenberg
Alet ly aan ’n traumatiese toestand wat klaarblyklik onbewustelik van haar ma af op haar oorgedra is. Ten tyde van die ma se heengaan, is dit Alet se ouer…
RadioteaterGELDJIE ASSEBLIEF deur Casper Lourens en Henry Jacobs
“Ek is maar net ‘n inconvenience by die verkeerslig,” ‘n Lewe op straat is alles behalwe maklik. Dries, Koos en Fridge, is drie boemelaars wat op straat agter…
RadioteaterVOOR EK VERGEET deur Karen Marx
Hendrien moet skuif van haar woonstel, na ‘n kamer in die aftreeoord waar sy bly. Sy is gediagnoseer met vroeë tekens van demensie. Daarby het haar pragkind…
RadioteaterLANK LEWE DIE KEISER deur Maria Vos
‘n Groepie akteurs repeteer aan ‘n moderne weergawe van Shakespeare se Julius Caesar. Die veeleisende regisseur blyk baie ongewild te wees, en wanneer daar…
RadioteaterSOETE DROME deur Karen Wessels
’n Liefdesverhaal van twee mense met bagasie uit die verlede, wat mekaar toevallig ontmoet en deur omstandighede deel word van mekaar se lewe. Die gesoute…
RadioteaterTIENER IN DIE SUBURBS deur Luan Jacobs
Elkeen dra geheime, angs, bagasie en neurose met hulle saam. Antonie verkoop komberse om aan die lewe te probeer bly, en Jasmyn doen haar voor as medium wat…
RadioteaterDIE STOMME MOSES deur Albert Short
‘n Kaal man word in die vlak water van ‘n rivier gevind. Hy is bewusteloos en kan nie praat nie. Wie is hy? Of meer belangrik – wát is hy? Want die…
Radioteater'N MOOI SONDAGMIDDAG IN SEPTEMBER deur Ugo Betti
Mev. Adriana is 40 en verveeld. Dit voel vir haar asof die lewe na 'n einde beweeg, tot sy hoor dat sy 'n ouma gaan word, en dat 'n nuwe lewe gaan begin. Die…
RadioteaterBEURTKRAG deur Leon van Nierop
‘n Riller oor die uitwerking wat beurtkrag het. Albert beman bedags (en soms snags) ‘n noodlyn waarheen mense skakel indien hulle ‘n krisis het. Beurtkrag…
RadioteaterHOLMRUGGERY deur Marion Holm
Marion Holm se loopbaan het weens die Covid-pandemie skielik tot ‘n einde gekom. Soos talle ander kunstenaars is sy deesdae weer volstoom aan die arbei en…
RadioteaterLAERSKOOL NOORD deur Ilne Fourie
Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hulle skoolhoof se aftrede. Met die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreesaanjaende fluitjie…
RadioteaterDEUR DIE VUUR VIR JOU deur Adriaan Havenga
Die verhouding tussen ‘n akademikus-pa en sy matriekdogter, Heilie, is stram. Hulle kommunikeer nie goed nie, en daar is wedersydse verwyte. En albei mis…
RadioteaterDIE KOMPETISIE deur Joe Kleinhans
Wat doen jy as jy 'n daaglikse sukkelende bestaan in 'n klein saai ou dorpie voer? As jy die pastoor van die fiktiewe dorpie Putfontein is, organiseer jy ’n…
RadioteaterIEWERS IN DIE GRYS deur Adriaan Havenga
'n Drama wat die vriendskap van twee plattelandse hoërskoolleerders, Heather en Gideon, ondersoek oor 'n tydperk van 16 jaar. Skoolkinders het groot drome…
RadioteaterWESVILLE LAER deur Nisa Smit
Ná afloop van ‘n ouervergadering by Wesville Laer, waar die hoof onder andere die nuwe skoollied bekend gestel het, gaan spreek twee ouers vir Juffrou Calitz…
RadioteaterEN SORG TOG MOOI VIR BUKS deur William Oosthuizen
Thérèse Terblanche se gesin is disfunksioneel, en haar onverwagte besluit om te begin draf, laat hulle glo sy wil probeer gewig verloor. Sy oorreed eers Lisa…
RadioteaterHARTSEERHERFS deur PJ Haasbroek
Voorman is die leier van die klein gemeenskap tussen die wingerde en vrugteboorde. Daar leef hy enTant Kwaai en Oumama saam met die jongklomp Ratseknaap…
RadioteaterHOUVAS deur Lee Doubell
Dis die verhaal van drie mans wat saam op die grens was - Vingers, Soete en Bul – en wat van hulle geword het. ‘n Plan wat hulle almal moes ryk maak, het…
RadioteaterVYFTIEN MINUTE VAN ROEM deur Francois Bloemhof
Die 32-jarige Danie is ’n bleeksiel wat nie veel vir homself te sê het nie – tot hy op ’n dag vir George van Vuuren aangesien word. George het pas ’n groot…
RadioteaterDIE VLEK VAN MENSWEES deur Adelle van Wyk
Die drama handel oor die uiterstes waartoe mense sal gaan om te kry wat hulle wil hê, As ‘n mens iets graag genoeg wil hê, is geen prys te hoog nie. En dít is…
RadioteaterMOT deur Almé Swart
Mot, oftewel Mathilda, het 'n moeilike lewe ná haar ouma se dood. Haar vriend, Liam, probeer help waar hy kan, maar kan nie altyd 'n buffer wees tussen Mot en…
RadioteaterWIE IS BANG VIR DIE GOEIE WOLF? deur Engela van Rooyen-Linde
'n Herlewingsdrama vir almal wat smag na vernuwing. Hoop beskaam nie. Beleef in Paastyd hoe ons Verlosser ons kleinmenslike traumas met wonderwerke heeltemal…
RadioteaterTROUFOTO’S deur Karin du Toit
Tersia en Leon is met vakansie in Amsterdam. Hulle sien ‘n kelner wat op ‘n druppel water lyk soos hulle vriendin Nadia se oorlede man Pieter… Troufoto’s bevat…
RadioteaterPENNIEGRYPER deur Charles Dickens
Vir die radio vertaal en verwerk deur Aart de Villiers en Don Lamprecht. Dit is Oukersaand. Ebenezer is ‘n suinige prokureur en knorpot wat geen sin in die…
RadioteaterVONDELING deur Liesl Bekker
Jerome Fortuin, die nuut aangestelde voorman op die deftige en welgestelde Mildred Malan se kleinhoewe, maak vroegoggend ‘n rare vonds wat hy versigtig…
Radioteater'N PA VIR GIEL deur Euna Easton
‘n Familiegeheim word onthul, wat Giel se lewe op sy kop draai. Al wat Giel weet is dat sy pa dood is toe hy klein was. Sy ma maak hom alleen groot, maar…
RadioteaterDIRK LIGTER deur Albert Maritz
Daar is baie stories oor Dirk Ligter, ‘n legende van die Tankwa Karoo. Wat waar is en wat nie, is nie altyd duidelik nie. Twee skrywers tree met mekaar in…
RadioteaterDIE SEEKAT deur Tienkie Albertyn
Katie en Annie is twee afgetredenes wat die wêreld vanaf hulle balkonne beskou. Oorkant hulle is Die Seekat, ‘n gewilde kuierplek. Die lawaai wat daarvandaan…
RadioteaterONDERHOUD MET 'N BOEMELAAR deur Karin du Toit
Hoe beland ‘n mens op straat en word ‘n boemelaar? Veral as jy ‘n professionele, gegradueerde mens is met ‘n gesin. Einstein is so ‘n mens. Hy en sy vriend…
RadioteaterWIE NIE WIL HOOR NIE deur Maria Vos
Waarskuwing: Sekere tonele en taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee. Die kunssinnige Janina is saam met haar boesemvriend, Anton, in matriek. Een…
RadioteaterDOOD VAN 'N SKRYWER deur Hannes Pieterse
Familiekonflik en verhoudings, die nagevolge van die pandemie en die vervlakking van die samelewing weens sosiale media is temas wat in die drama weerklink…
RadioteaterDIE GLASDEUR deur Henriëtte Grové
Die drama vertel die verhaal van drie oujongnooiens wat op ‘n afgeleë plaas woon. Dan kom ‘n jonger familielid by hulle aansterk. Sy teenwoordigheid krap ou…
RadioteaterSOU DIE STERRE LUISTER deur Lee Doubell
RSG bied ‘n spesiale opdragwerk aan om 85 jaar van Afrikaans op die radio te herdenk. Die drama word 'n spel, nie net met tyd nie, maar ook met ruimte waarin…
RadioteaterDAG IN, NAG UIT deur Vincent Pienaar
‘n Luitenant-kolonel in die polisie kom voor ‘n keuse te staan. Of hy gaan voort met sy gewone lewe op ‘n doodgewone salaris, gelukkig getroud met ‘n vrou en…
RadioteaterWAAR IS ELLIE PAUW? deur Hendie Grobbelaar
Toe Wilhelm Pauw eers laat in sy lewe uitvind hy het 'n dogter, begin hy na haar soek. Omdat hy desperaat is, is sy metode onortodoks. Daar is net twee mense…
Radioteater‘N WARM WIND OOR DIE VLAKTES deur Richard van der Westhuizen
‘n Man stop by die hotel in ‘n klein dorpie in Namakwaland, en betaal kontant vir ‘n kamer vir vyf aande. Hy is hier met ‘n doel. In die warm, stowwerige…
RadioteaterHENDRIK SE HISTEREKTOMIE deur Ilné Fourie
[Wenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Dr. Marais is ’n veearts op ’n klein dorpie wat ’n tydelike…
RadioteaterDIE RARE JACOBS deur Melt Sieberhagen
[Naaswenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Herman is ’n onvergenoegde, middeljarige sakeman wat ná meer as…
RadioteaterEERBARE INTENSIES deur Benjamin Kock
Katrien is ’n 27-jarige aktuaris wat baie bekommerd is oor haar ouers, Basie en Ella, twee sout-van-die-aarde plaasmense wat na Italië gereis het, maar toe…
RadioteaterKAMMA SPESIALE VRIENDE deur Niel Steenkamp
Frans en Anita loop mekaar in ’n supermark raak, begin gesels en kom tot die gevolgtrekking dat Frans se weduwee-ma en Anita se wewenaar-pa albei die behoefte…
RadioteaterDIE SWERFJARE VAN POPPIE NONGENA deur Elsa Joubert
Die verhaal handel oor die lewe van Poppie Nongena. Dit vertel hoe sy as ma rondgeskuif is weens die politieke stelsel van die tyd, en die besluite wat sy ter…
RadioteaterBOETIE KOM KUIER deur Thomas van Niekerk
Hierdie lighartige komedie was deel van die RSG/Nati Kwartkomedie-skryfkompetisie. Hope misverstande, vooroordele en mistasting loop uit ‘n verrassende…