
BOETIE ONTMOET 'N ALIEN deur Johann Smith
Stel jou voor: ‘n Doodgewone Suid-Afrikaanse plaas. Een van die gesinslede het pas teruggekeer uit die buiteland, en is redelik rebels. Die skoolseun in die gesin worstel met allerlei probleme wat nie eers die internet kan oplos nie. En dan is die ouers erg bekommerd oor hulle kinders se geestelike en emosionele welstand. Op ‘n dag is daar ‘n klop aan die deur. Daar staan ‘n vreemde, bleek man, en hy praat ‘n rare taal in ‘n vreemde elektroniese stem sonder dat sy mond beweeg! Het hy oplossings vir sekere aardse probleme? Hoe gaan hy dit aan die gesin oordra? Het hy goeie bedoelings, of is hy…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.