
HUISHOU deur Philip Rademeyer
Twee wit vroue in Kaapstad wil ‘n swart kind aanneem. Die ouer vrou, Dirkie, is ‘n lektor in sosiologie en dryf die aannemingsproses. Dirkie wil sorgvuldig, noukeurig ‘n huis opbou en vol maak, en dink ook hulle het ‘n politiese plig om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika (“dis oor jou white guilt,” terg haar vrou). Die jonger vrou, Hester, is ‘n loskop wandelaar. Sy ontvang ‘n oproep wat haar dwing om na haar ouerhuis terug te keer. Die naweek op haar plattelandse tuisdorp dompel haar in ‘n identiteitskrisis, en sy begin wonder oor haar wortels en Afrikaner-erfenis. Soos beide vroue vasklou…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.