Shows / Radioteater

Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Episodes
RadioteaterKOP deur Schalk Schoombie
Set Niemand is 'n belowende pianis. Hy word gediagnoseer met 'n vernietigende siektetoestand wat sy liggaam aanval. 'n Russiese gimnas word breindood verklaar…
Radioteater‘N POPHUIS deur Henrik Ibsen
Noora Helmer kan as 'n tipiese bedorwe en opgepiepte ryksmansvrou beskryf word. Haar man, Toorwald, is 'n bankbestuurder en hulle huwelik lyk op die oog af…
Radioteater'N VOORLOPIGE BEGRAFNIS deur Albert Short
'n Man skryf 'n brief aan sy naasbestaandes om te vra dat hulle hom hierdie keer met die nodige respek sal begrawe. Waarom word hierdie man twee keer begrawe…
RadioteaterROMMEL, ROMMEL deur Lee Doubell
Drie gesoute rowers – of is dit dalk eerder veteraantronkvoëls – beplan hulle eerste rooftog in twee jaar ná hulle laaste besoek aan die staatshotel. 'n Naïewe…
RadioteaterVLERKE VIR JASON deur Janine van der Linde
Die verhaal belig die wrede situasie waarin die mense van die Kaapse vlakte hulleself bevind, die angs waarmee 'n moeder terugkeer van die werk af as sy haar…
RadioteaterSPRINGGETY deur Sophia van Taak
'n Talentvolle haikoedigter en kopieskrywer wat sukkel met depressiewe gedagtes, besluit sy het genoeg gehad van die lewe. Sy hou egter nie rekening met haar…
RadioteaterOORLEWING – C-BLOK deur Erica Harris
Daniel en Klara bly in dieselfde woonstelblok waar 'n eksentrieke hawelose ou vrou gereeld met haar winkeltrollie vol nuttelose stofgaarders kom smous. Sy blyk…
RadioteaterQUINTIN ROY EN DIE PAASHAAS deur Helena Hugo
Speel die Bybelse oorsprong van die Paasgebeure nog die rol wat dit behoort te speel, of word dit vertroebel deur heidense simbole en fantasieë oor die…
RadioteaterSJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie
Al ooit gewonder hoekom mense kelners word? Of wat deur hulle gedagtes gaan, veral as hulle met dom vrae bestook word? Of hoeveel dit van 'n kelner verg om net…
RadioteaterDIE NAG VAN DIE WYSES deur Zenobia Kock
Die drama, wat die derde plek behaal het in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vir 2015, handel oor ʼn wanaangepaste oujongnooi (wat sommige simptome…
RadioteaterSEA POINT MANSIONS deur Annemarie Roodbol
In 'n deeltitel-woonstelkompleks in Seepunt vind die inwoners uit dat die deelnemingskwota nie volgens die deeltitelwet toegepas word nie. Omdat 35% van die…
RadioteaterSPIEËLBEELD deur Ronel Mostert
Andrea is een van 'n tweeling wat altyd aan die korste ent trek. Haar liefde vir haar suster maak dat sy gereeld toegee, aanvaar, die ander wang draai en keer…
RadioteaterAKWARIUS deur Marion Erskine
Baasspeurder Sakkie Joubert het al 'n hele paar reeksmoordenaars aangekeer. Dis sy spesialiteitsgebied. maar die laaste een, die een wat hy ten alle koste wil…
RadioteaterDIE JUDASBOK deur Dalene Matthee
ʼn Jong bruin man raak in die jare tagtig verlief op 'n wit onderwyseres. Weens apartheidswetgewing is hulle verhouding nie net gedoem nie, dit is onwettig en…
Radioteater…MY SKUILPLEK DIE KAAPSE STRATE deur Ilona Edwards
'n Jong seun wie se ouers in die tronk is, besluit om die pad te vat omdat hy reken dis beter om op straat te woon as om heeltyd deur sy ouer broer afgeknou te…
RadioteaterVERGELDING deur Susan Gaigher
Wanneer iemand jou van jou kosbaarste besitting ontneem, per ongeluk of deur nalatigheid, en dit verander die res van jou lewe: wat doen jy? Vergewe jy of laat…
RadioteaterDOP deur Retief Scholtz
'n Oud-Spoorwegwerker, Frank, en 'n jong kroegman, Tim, neem jou saam in 'n hartroerende ontbloting van hulle siele in 'n kroeg waar brandewyn nie brieke het…
RadioteaterLOTSBESTEMMING deur S.D. Fourie
Liefde is ongetwyfeld een van die heel belangrikste dinge in enige mens se lewe. Wat van liefde met die eerste oogopslag? En is ouderdomsverskil werklik…
RadioteaterDIE MOOI MEISIES VAN BITTERFONTEIN deur Perdita van Dijk du Bois
Dit is die verhaal van 'n groep vroue van die plaas Bitterfontein, wat oorgelewer is aan die behoeftes van die werkgewers. Die skrywer hanteer die probleme…
RadioteaterMYMERINGE VAN 'N OU MAN deur Dolf van Niekerk
Die 88-jarige Johan gesels met sy versorger, Dalene, en mymer: “Ek het altyd gedink die lewe is 'n wonder, en die dood 'n misterie. Nou dink ek dis andersom…
RadioteaterSAND deur George Weideman
Petra en haar ma Ragel woon op die afgeleë plaas Waaisand in die dorre streke van Namibië naby Sossusvlei. Petra se pa het weggeloop toe sy nog 'n baba was, en…
RadioteaterDAGBOEK VAN ‘N WURM deur Martyn le Roux
“Liewe Dagboek, Ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees...” Cassandra Viljoen is n belowende jong liggaamsbouer wat die sportsoort gebruik om bo…
RadioteaterGESIGSEINDERS deur Wim Vorster
Die aspekte wat 'n blinde gemeenskap ervaar en mee worstel, is dikwels soos die van die sogenaamde normale gemeenskap, maar daar is kwessies en vrae wat hulle…
RadioteaterTOEKA SE DAE deur Niel Steenkamp
Grootouma Annabel vier haar honderdste verjaarsdag in 'n ouetehuis. Haar agterkleinkind Anton sou sy verlowing aan die meisie van sy drome op hierdie…
RadioteaterAGTER TOE DEURE deur Perdita van Dijk du Bois
Engela is raadop omdat haar man, Willem, al sy tyd agter 'n geslote deur deurbring. Sy is aanvanklik onwillig om hom daaroor aan te vat, maar met aanmoediging…
RadioteaterKROKODIL deur Kirby van der Merwe
'n Groepie vriende onderneem 'n toer op die spore van die destydse Grensoorlog. In Katima Mulilo, 'n dorp in die westelike deel van die Caprivistrook in…
RadioteaterBOSLUISIE deur Ronel Mostert
'n Jong vrou, wat meestal by haar tante groot geword het, moet die verlies van haar ouers verwerk. Tot haar verbasing is sy die erfgenaam van 'n geliefde…
RadioteaterADOLFIE EN DIE KLAVIER deur Madelein Rust
'n Bekkige boervrou probeer allerhande plannetjies om 'n arm verstote gesin weer in die gemeenskap te integreer. Selfs die nuwe dominee is nie te heilig om by…
RadioteaterPADKAARTE
Padkaarte is 'n samestelling van drama, poësie en prosa, spesiaal vir die radio opgevoer deur sewe van die agt finaliste van die Nasionale Toneelspelkompetisie…
RadioteaterPOINTE-NOIR (EK EN DIE MAJOOR) deur Jan Lampen
Suid-Afrikaanse huursoldate word in die Kongo gevange geneem ná 'n mislukte operasie. Hulle word onder haglike omstandighede in 'n gevangenis in Pointe-Noire…
RadioteaterDIE KIND deur Janine van der Linde
'n Jong ma van die Kaapse Vlakte rou steeds oor haar seun wat op sy sewende verjaardag spoorloos verdwyn het. Sy bly glo dat hy sal terugkom en dat hy nie dood…
RadioteaterNAGMAAL VIR TWEE deur die Gebruikerskomitee van die Moot Biblioteek, Pretoria
'n Bejaarde Afrikaanse plaasboer en sy swart jeugvriend, 'n oudplaaswerker, bevind hulle saam in dieselfde ouetehuis. Op die vooraand van die kerkbasaar…
RadioteaterKOPSKOOT deur Gerda Kriel
'n Verbitterde en onstabiele polisiekaptein wat 20 jaar laas bevorder is, beland by 'n professionele sielkundige met 'n praktyk êrens in Johannesburg. In die…
RadioteaterVOOS GESKAAF deur Joe Kleinhans
Cor Gericke en sy vrou, Lynn, (dis 'n tweede huweliksituasie) besluit om op hulle eie vakansie te gaan hou. In werklikheid het albei van hulle skelm…
RadioteaterDIE SOMER VAN SES EN VYFTIG deur Engela van Rooyen-Linde
Twee oumense wag tevergeefs vir hulle seun wat ná die Tweede Wêreldoorlog as vermis aangegee is. In hulle hartseer raak hulle vervreemd van vriende en familie…
RadioteaterDIE SNEEUMAN deur Cecilia du Toit
'n Seun met Down-sindroom word op 'n Vrystaatse plaas deur sy ouma en oupa grootgemaak. Elke jaar verbeel hy hom dat sy pa, wat hy nog nooit ontmoet het nie…
RadioteaterMET EEN VOET IN DIE GRAF deur William Oosthuizen
'n Groep plaaswerkers kry die ontstellende nuus dat daar net een graf oop is in hulle begraafplaas. Hulle sal self moet besluit watter een van hulle die…
RadioteaterONOPGESLOSTE SAAK deur Barbara MacArthur
Wat maak van 'n mens 'n moordenaar, selfs 'n reeksmoordenaar? En is dit hoegenaamd voorspelbaar dat iemand moord sal pleeg? Of kan iemand wat gewoon voorkom…
RadioteaterDAG VAN DIE REUSE deur Pieter Pieterse
ʼn Agtienjarige Portugese seun met ʼn lam voet word in Mosambiek groot tydens die burgeroorlog in die middel jare sewentig. Sy pa is verskeur tussen die rebelle…
RadioteaterDAGBOEK VAN ‘N WURM deur Martyn le Roux
“Liewe Dagboek, Ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees...” Cassandra Viljoen is n belowende jong liggaamsbouer wat die sportsoort gebruik om bo…
RadioteaterSJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie
Al ooit gewonder hoekom mense kelners word? Of wat deur hulle gedagtes gaan, veral as hulle met dom vrae bestook word? Of hoeveel dit van 'n kelner verg om net…
RadioteaterDIE WITTEBROOD 2 deur Riana Scheepers
Vir drie dae moet Lucas en Klara noodgedwonge in 'n omgewing vol paradyslike skoonheid, maar terselfdertyd lewensgevaarlike omstandighede, probeer oorleef. In…
RadioteaterDIE TIKMASJIEN deur Pirow Bekker
Met sy jongste radioteater probeer Pirow Bekker 'n verband lê tussen die tikmasjien en die waterboormasjien. Albei soek na water – die boormasjien regstreeks…
RadioteaterLITTEKENS deur Karien Polley
Langs Coetzenburg het nie net 'n waterstroom gevloei nie, maar #SteveBiko is tragies dood in '76, en die #lawstudente en #dramastudente het #gerebel. Van hulle…
RadioteaterREISIGER NA KIMBERLEY deur Dolf van Niekerk
Karen is 'n aktrise en geniet die wêreld van voetligte en applous. Haar man, Johan, bevind hom in die sfeer van die landbou en die wetenskap. Totdat hulle…
RadioteaterAS ONS TWEE EERS GETROUD IS deur Gerhard J. Beukes
Frans en Malie van der Merwe is op die vooraand van hulle silwer huweliksherdenking, maar besef dan dat hulle nie 'n huweliksertifikaat het nie. Is hulle…
RadioteaterKANNA HY KÔ HYSTOE deur Adam Small
Kanna is die grootmaakkind van Makiet, 'n arm bruin vrou uit die werkersklas. Kanna se aanneem-ouers sien sy potensiaal raak en moedig hom aan om 'n opvoeding…
RadioteaterRAGEL deur Fanie Viljoen
Luan Loots hou daarvan om ander mense se weggooigoed by pandjieswinkels te koop. Hy beplan om alles te verkoop wanneer hy aftree, om vir hom en sy vrou te sorg…
RadioteaterLEWE NA DIE NOOT deur Wilken Calitz
Uit die pen van Wilken Calitz kry ons 'n verhaal van 'n sukkelende jong opkomende sanger, Johnny (Andre Terblanche), wat eers teologie studeer het en agv sy…
RadioteaterTEERLING 6: DIE PES deur PG du Plessis
'n Dominerende skoolhoof ontvang 'n dringende SMS van haar onderdanige broer, wat as 'n laboratoriumassistent werk, om hom by 'n sekere adres in 'n krotbuurt…
RadioteaterSIEMBAMBA deur Marion Erskine
Elri is Bertus en Rentia se enigste kind, en haar pa se oogappel. Hy sal enigiets vir haar doen, maar dit gaan nie goed tussen Bertus en Rentia nie, en vir…
RadioteaterDIE WITTEBROOD deur Riana Scheepers
Lucas en Klara is pas getroud. Lucas het die romantiese droom om sy bruid 'n ongerepte deel van Afrika te wys. Hy beplan hulle wittebroodsbestemming as 'n…
RadioteaterDIE REBELLIE VAN LAFRAS VERWEY deur Chris Barnard
Lafras is 'n Jan Alleman wat vasgevang is in 'n burokratiese stelsel. Hy is 'n dromer en begin mettertyd lugkastele bou om van die sleurwerk te ontsnap. By die…
RadioteaterJANE EYRE deur Charlotte Brönte
Jane Eyre is 'n weeskind, maar ook 'n goewernante, wat later in Thornfield vir die jong Franse meisie, Adele, private klasse aanbied. Hier raak sy op meneer…
RadioteaterVERGIFNIS deur Charles J. Fourie
Muriel, 'n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. 'n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die…
RadioteaterGENADE deur Marita van der Vyver
Kas Stuurman is 'n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is 'n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en…
RadioteaterDIE NAG VAN DIE WYSES deur Zenobia Kock
Die drama, wat die derde plek behaal het in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vir 2015, handel oor ʼn wanaangepaste oujongnooi (wat sommige simptome…
RadioteaterDIE EKSENTRIEKES deur Erica Harris
'n Vereensaamde vrou in 'n ouetehuis en 'n jong, eksentrieke student, wat nie aanklank vind by haar medestudente nie, bevriend mekaar toevallig en beïnvloed en…
RadioteaterDIE IDEALE MINNARES deur Niel Steenkamp
Is die romanse uit jou huwelik of verhouding? Dan gaan hierdie drama dit vir jou terugsit! Dit was een van die inskrywings vir die RSG/SANLAM…
RadioteaterBLINDEMOL deur Chris Barnard
Om Chris Barnard te eer, saai RSG sy bekroonde drama Blindemol uit. In 2008 het hy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir…