Shows / Kompas

Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Episodes
KompasKompas 2 April 2025
Barrie Ferreira vind uit wat leierskap behels, en hoe jy jou leierskapsvaardighede kan verskerp.
KompasKompas 1 April 2025
Lané Croucamp gee jou ‘n kykie in haar lewe as 'n jongmens met ‘n siggestremdheid.
KompasKompas 31 Maart 2025
Liggaamsdismorfie is 'n geestesversteuring wat elke aspek van jou lewe kan beïnvloed. Is hierdie gedagtes 'n werklikheid vir almal? Maak dit van my 'n…
KompasKompas 28 Maart 2025
Ken jy jou maal-tafels, en weet jy hoe om X en Y te vind? Ons praat oor wiskunde as ‘n skoolvak. Hoekom is dit belangrik? Hoe kan jy dit meer geniet? Wiskunde…
KompasKompas 27 Maart 2025
Juffrou Liné du Preez van Hoër Vollkskool hersien Lewenswetenskappe vir matrikulante.
KompasKompas 26 Maart 2025
Barrie Ferreira praat oor die belangrikheid van jongmense se stories, en die belangrikheid van kreatiewe skryfwerk.
KompasKompas 25 Maart 2025
Karl van Reenen het ná skool twee jaar lank sendingwerk in Nieu-Seeland gaan doen. Hy vertel van sy ondervinding as jongmens in die vreemde, en van sy…
KompasKompas 24 Maart 2025
Bestaan jou velsorgroetine uit 'n klomp verskillende stappe en produkte. Is dit regtig nodig? 'n Velsorgterapeut vertel watter produkte die belangrikste is om…
KompasKompas 21 Maart 2025
Barrie Ferreira praat op Wêreld Poësiedag met ‘n digter oor "slam poetry".
KompasKompas 20 Maart 2025
Jongmense deel stories van hulle interessante troeteldiere en hulle maniere.

KompasKompas 18 Maart 2025
Nina Dicks, ‘n hoërskoolleerder wat aan ‘n uitruilprogram na Duitsland deelgeneem het, vertel van haar ondervinding.
KompasKompas 17 Maart 2025
Chloè van Rooyen kyk na die daaglikse roetine van hoërskoolleerders, en of daar genoeg ure in 'n dag is om by al hulle verpligtinge uit te kom. Hoe kan ouers…

KompasKompas 13 Maart 2025
Wil jy Duitsland besoek? Alta Botes verduidelik hoe uitruilprogramme werk, en hoe jy kan kwalifiseer.
KompasKompas 12 Maart 2025
Barrie Ferreira hoor of die jonger generasie reg is om oor te neem by die ouer generasie. Wie se verantwoordelikheid is dit om seker te maak dat jongmense…
KompasKompas 11 Maart 2025
Moenie self-isoleer nie! Dit is Iyana Willemse, ‘n jeugwerker, se boodskap aan jongmense. Sy lei en inspireer die jeug om hulle ondersteuningstelsel of…
KompasKompas 10 Maart 2025
Chloè van Rooyen hoor by 'n paar opvoeders hoe hulle die skuif van leerder af na onderwyser hanteer het, hoe die onderrigstelsel verander het sedert hulle op…
KompasKompas 7 Maart 2025
Barrie Ferreira vind uit hoe jy ‘n beroep in die gasvryheidsbedryf kan volg.
KompasKompas 6 Maart 2025
Chiara Vorster, ‘n 18-jarige, is die SA-kampioen Stand Up Paddleboarder. Sy vertrek eersdaags na Indië vir haar volgende internasionale kompetisie.

KompasKompas 3 Maart 2025
Haarversorging is 'n belangrike deel van baie mense se roetine. Chloè van Rooyen gesels met twee haarkappers oor die verskillende haarbehandelings wat…
KompasKompas 28 Februarie 2025
Hoe gemaak wanneer ‘n jongmens se ouer of ouers oorlede is? Barrie Ferreira kyk na hoe om die wetlike en sielkundige aspekte van ‘n ouer se dood te hanteer.
KompasKompas 27 Februarie 2025
Hazel Janse van Rensburg loer in by ‘n paar eerstejaarstudente om te hoor hoe hulle verwagtinge van kampuslewe met die realiteit vergelyk.
KompasKompas 26 Februarie 2025
Hoekom is prostese so duur in Suid Afrika? Hoekom word dit nie hier ontwikkel nie? Barrie Ferreira praat hieroor met kenners wat dit wil probeer verander.
KompasKompas 25 Februarie 2025
Om jou gesiggie in te kleur is omtrent ‘n kuns. Grimeerkunstenaar Yoané Human gee om hiermee te help.
KompasKompas 24 Februarie 2025
'n Crossfit-afrigter en persoonlike afrigter gee raad om in 2025 gesonder en fikser te lewe. Hulle gesels oor hoekom Crossfit vir almal geskik is, en deel ook…
KompasKompas 21 Februarie 2025
Ons vier Wêreld Moedertaaldag deur te luister na die vyf beste kletsryme wat ons ontvang het vir ons Moedertaaldag-kompetisie.

KompasKompas 19 Februarie 2025
Hoe kan jong mense aktiewe burgers word? Wat beteken dit om aktief betrokke te wees in jou gemeenskap?
KompasKompas 18 Februarie 2025
Wil jy tweedehandse items in sakgeld verander? Aktrise Mila Guy vertel ales van thrifting.
KompasKompas 17 Februarie 2025
Chloè van Rooyen kry wenke om jou toesprake en mondelinge toetse op ʼn ander vlak te sit, en jou vrees te hanteer. Sy delf ook dieper in die wêreld van yster en…
KompasKompas 14 Februarie 2025
Barrie Ferreira daag die musiekgroep, ONS, uit om ‘n liefdesliedjie vir mekaar te skryf binne slegs 30 minute. Hy gesels ook met van die akteurs van die nuwe…
KompasKompas 13 Februarie 2025
Ter viering van Wêreld Radiodag deel jong omroepers van regoor die land hulle mooiste en snaaksste radiostories.
KompasKompas 12 Februarie 2025
Barrie Ferreira kyk na die gewildheid van krieket onder jong vroue in Suid Afrika.
KompasKompas 11 Februarie 2025
Twee tweelinge kuier by Hazel om te vertel hoe dit is om deel van ‘n tweeling te wees.
KompasKompas 10 Februarie 2025
Felicia Richardson het as tiener deur baie trauma gegaan, wat daartoe gelei het dat sy haarself begin leed aandoen het. Sy deel haar storie. 'n Sielkundige…
KompasKompas 7 Februarie 2025
Barrie Ferreira kyk na ambagte as ‘n alternatief as jy nie die tradisionele universiteitspad wil volg nie.
KompasKompas 6 Februarie 2025
Ons vind uit hoe 2024 se matrikulante, wat Afrikaans oor wil skryf, kan voorberei om dieselfde slaggate te vermy.
KompasKompas 5 Februarie 2025
Barrie Ferreira vind meer uit oor motorsport, wat as 'n buitemuurse aktiwiteit aangebied word vir leerders by 'n hoërskool in die Oos-Kaap.
KompasKompas 4 Februarie 2025
Kan ‘n jong vrou regtig alles hê? Reinette de Beer verduidelik hoe sy haar lewe as jong mamma van twee, en as suksesvolle sakevrou, balanseer.
KompasKompas 3 Februarie 2025
Chloè van Rooyen gesels met 'n jongman wat sy deel doen om die jeug van Citrusdal te inspireer en motiveer om die verskil te wees wat hulle wil sien in hulle…
KompasKompas 31 Januarie 2025
Barrie Ferreira praat oor hoe jy die meeste kan maak van jou laaste jaar op universiteit. Hoe tref jy ‘n balans tussen om goed te eindig, maar ook om pret te…
KompasKompas 30 Januarie 2025
Staan jou kop in ‘n aupair-rigting? Twee aktrises, Elsje Slabbert en Nadia Beukes, gee raad uit ‘n mamma se oogpunt sodat jy jou aupair-onderhoud vir ‘n ses…
KompasKompas 29 Januarie 2025
Barrie Ferreira vind meer uit van tuisonderrig, en watter tipe leerders daarby kan baat.
KompasKompas 28 Januarie 2025
Hazel Janse van Rensburg gesels met Limpopo se Landsdiensvoorsitter, Christa Darvall, oor hoe jongmense betrokke kan raak, en wat hulle kan verwag.
KompasKompas 27 Januarie 2025
Chloè van Rooyen praat met ʼn finansiële raadgewer oor studielenings en beurse, en hoe studente moontlik hulle akademiese loopbaan kan befonds.
KompasKompas 24 Januarie 2025
Hoe kan jy as ‘n skoolleerder die beste moontlike akademiese jaar hê? Ons gee oor praktiese wenke wat jy elke dag kan toepas, en stel ook gratis hulpbronne…
KompasKompas 23 Januarie 2025
Wil jy matriek voltooi, of vakke oorskryf? Elisna Kelly vertel watter stappe jy kan volg om hierdie droom te bewaarheid.
KompasKompas 22 Januarie 2025
Wat verg dit om ‘n prokureur te wees? Barrie Ferreira gesels met sowel iemand wat in die praktyk is, as ‘n student. Jy moet probeer om soveel blootstelling…
KompasKompas 21 Januarie 2025
Wat is die doel van oriëntasie, en wat kan eerstejaarstudente verwag? Die Primaria van Vergeet-My-Nie Dameskoshuis en Primarius van Excelsior Manskoshuis het…
KompasKompas 20 Januarie 2025
Is jy in 'n tweestryd gewikkel? Het jy aansoek gedoen vir 'n studierigting, maar nou bedink jy dit, en wonder of jy nie dalk na ʼn ander kursus moet skuif nie…
KompasKompas 17 Januarie 2025
Barrie Ferreira vind uit hoe jy vriende kan maak wanneer jy by ‘n nuwe skool aansluit.
KompasKompas 16 Januarie 2025
Ons deel saam in die geluk en sukses van 2024 se matrikulante wat as toppresteerders uitgeblink het.
KompasKompas 15 Januarie 2025
Barrie Ferreira praat met van Suid-frika se top 2024 matrikulante om te hoor hoe hulle hulle laaste jaar op skool beleef het, en hoe hulle voel oor die…
KompasKompas 14 Januarie 2025
Heidi Bartis, die bestuurshoof van die Akademie vir Omgewingsleierskap, praat oor studiegeleenthede en die opsies wat matrikulante het in hierdie veld.
KompasKompas 13 Januarie 2025
Die topmatrikulante van 2023 kom kuier by Chloè van Rooyen, en hulle vertel hoe die lewe na matriek lyk.
KompasKompas 10 Januarie 2025
Barrie Ferreira deel sy oorlewingsgids vir universiteit, die wonderlikste tyd van jou lewe waar jy baie keer lewenslange vriende maak.
KompasKompas 9 Januarie 2025
Droom jy van ‘n oorsese reis? Dee Theart wat die wêreld plat gereis het as lugwaardin, deel wenke om hierdie droom ‘n realiteit vir jongmense te maak.
KompasKompas 8 Januarie 2025
Soos die skoolvakansie stadig maar seker tot ‘n einde toe kom, kyk Barrie Ferreira na die belangrikheid van voorbereiding vir die nuwe skooljaar.