Shows / Kompas

Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Episodes
KompasKompas 25 Junie 2025
Is die aarde te klein vir jou? Is die heelal iets wat jou prikkel? Ons praat met ‘n dosent oor beroepe wat met die ruimte te doen het.
KompasKompas 24 Junie 2025
Leer jy hard, of leer jy slim? Juffrou Melanie vertel hoe ons breindominansie effektief kan gebruik en ‘n geïntegreerde, heelbreinbenadering kan bereik.
KompasKompas 23 Junie 2025
Chloè van Rooyen vind meer uit van bemarkingbestuur as 'n studierigting. Sy hoor wat die toelatingsvereistes is, hoekom dit 'n goeie opsie is vir voornemende…
KompasKompas 20 Junie 2025
Is jy ‘n hoërskoolleerder wat nie te goed gedoen het in die Junie-eksamen nie? Wat van winterskool as ‘n manier om jou akademies te ondersteun?
KompasKompas 19 Junie 2025
Annalize Thiart, ‘n entrepreneur wat haar passie in ‘n suksesvolle besigheid verander het, leer jongmense om te brei en hekel.
KompasKompas 18 Junie 2025
Barrie Ferreira gesels met twee leerders wat aan ongewone sportsoorte deelneem.
KompasKompas 17 Junie 2025
Forensiese ontleder Jason Jordaan leer jongmense om hulleself in die kuberruim te beskerm.
KompasKompas 16 Junie 2025
Afrigter Ashley Louw het besef dat die sportstruktuur in Upington nie baie sterk is nie, en het die behoefte gesien vir ʼn rugbyklub vir jong manne. Die klub…

KompasKompas 12 Junie 2025
Stefan van der Merwe het ‘n graad in Biokinetika. Hy gee jong mans leiding oor ‘n gesonde leefstyl.
KompasKompas 11 Junie 2025
Barrie Ferreira kyk na die belangrikheid van speel op Wêreld Speeldag, en vind meer uit van ‘n intersante speelinitiatief by ‘n Suid-Afrikaanse universiteit.
KompasKompas 10 Junie 2025
Om Wêreld Oseanedag te vier, het Hazel Janse van Rensburg vir Krish Lewis genooi om jongmense meer oor sy werk by 'n akwarium te vertel. Ons vind uit hoeveel…
KompasKompas 9 Junie 2025
Wanneer 'n gemeenskap saamstaan en hande vat, kan berge verskuif word en die onmoontlike, moontlik word. HOPE IS A VERB is 'n gemeenskapsorganisasie wat hoop…
KompasKompas 6 Junie 2025
Om te skuld of nie te skuld nie? Dít is die vraag. Is skuld goed of sleg, en hoe moet ‘n mens te werk gaan om goed met skuld te werk? As jy skuld gebruik om…
KompasKompas 5 Junie 2025
Ruan Smith vertel van sy ondervinding as ‘n Engelse onderwyser oorsee. Hy verduidelik die stappe wat gevolg moet word, en weeg die voor-en nadele op.

KompasKompas 3 Junie 2025
Hendrik Jacobs van Open Window vertel hoe kunsmatige intelligensie kreatiwiteit beïnvloed. Hy beantwoord ook die vraag of kreatiwiteit aangeleer kan word.
KompasKompas 2 Junie 2025
Chloè van Rooyen praat met Monotone Mel en Avril Albettie oor hoe die lewe van 'n smaakmaker lyk. Is dit net pret, of gaan daar baie werk in?
KompasKompas 30 Mei 2025
Barrie Ferreira kyk na die impak van pornografie op jongmense se lewe, en praat met iemand wat deur so ‘n verslawing is.
KompasKompas 29 Mei 2025
Ons doen hersiening van Graad 12 Visuele Kuns saam met meneer Markus Steinmann.
KompasKompas 28 Mei 2025
Barrie Ferreira vind meer uit van inkomstebelasting, waarvan jongmense skynbaar nie baie weet nie.
KompasKompas 27 Mei 2025
Sal jy ‘n orgaan skenk om ‘n vriend se lewe te red? Dis die vraag wat Dean Frost in die gesig gestaar het toe sy vriend Francois Swartz ‘n nier nodig gehad het.
KompasKompas 26 Mei 2025
Is jy moeg daarvan om elke week dieselfde kos te eet? Soek jy raad oor hoe om met 'n klein begroting kos te koop? Chloè van Rooyen vind by 'n paar jongmense…
KompasKompas 23 Mei 2025
Almal het daai een persoon met wie ons nie oor die weg kom nie. Hoe gemaak wanneer jy met hierdie persoon moet saamwerk?
KompasKompas 22 Mei 2025
Kompas vier Wêreld Teedag, wat op 21 Mei was. Lize du Preez, die bemarkingsdirekteur van Carmien-rooibostee, vertel meer van die produksie van hierdie eg…
KompasKompas 21 Mei 2025
Hoe verander die definisie van plagiaat, namate kunsmatige intelligensie al hoe meer deur studente gebruik word op universiteit?
KompasKompas 20 Mei 2025
Hazel Janse van Rensburg het die eindronde van Tribuo se Proscenium-dramakompetisie bygewoon, en by die top agt gehoor wat hulle raad aan jong aspirantakteurs…
KompasKompas 19 Mei 2025
Met meer as 29 jaar se ervaring in die polisiediens, vertel Richard Brussouw wat die beste manier is om jouself teen motorkaping te beskerm.

KompasKompas 15 Mei 2025
Die Poort-skryfkompetisie se wenners vir 2025 is pas aangekondig, en Hazel Janse van Rensburg hoor wat hierdie twee manne se wenresep is.
KompasKompas 14 Mei 2025
Dis die derde en laaste deel van Kompas se studieskou, waar ons jou blootstel aan moontlike studieopsies wat nie tradisionele universiteite is nie.
KompasKompas 13 Mei 2025
Die Kompas-span klop by ‘n paar akademiese instansies aan om te hoor wat hulle jongmense kan bied om die beste besluit vir ‘n blink toekoms te maak.
KompasKompas 12 Mei 2025
Chloè van Rooyen gesels met Magnet Theatre, College of Audio Engeneering, Cape Town Butler en Weskus College oor die studiegeleenthede wat hulle bied.
KompasKompas 9 Mei 2025
Barrie Ferreira kyk na die realiteite van enkelma wees in Suid-Afrika, en watter impak dit op kinders kan hê.
KompasKompas 8 Mei 2025
Hazel Janse van Rensburg praat met deelnemers, organiseerders en beoordelaars oor wetenskap-ekspo's en die deure wat dit vir jongmense oopmaak.
KompasKompas 7 Mei 2025
Waaraan dink jy as jy die woord “mislukking” hoor? Dink jy dis deel van sukses, of is dit iets wat jy eerder wil vermy?
KompasKompas 6 Mei 2025
Ysterman Alwyn Uys vertel hoe ‘n fratsongeluk in 2014 sy lewe drasties verander het.
KompasKompas 5 Mei 2025
Kyle Mendoor het op 23-jarige ouderdom die dominee geword van 'n gemeente wat vir 13 jaar vakant was. Hy vertel vir Chloè van Rooyen hoe die lewe van ʼn dominee…
KompasKompas 2 Mei 2025
Barrie Ferreira kyk na kerningeneurswese, en probeer die kern vind van hierdie nagraadese studierigting.
KompasKompas 1 Mei 2025
Gerrie Niemand van die Nasionale Seereddingsinstituut praat oor waterveiligheid, en hoe jongmense as vrywilligers by die NSRI betrokke kan raak.
KompasKompas 30 April 2025
Om die regte bronne te kry, is ’n groot deel van ‘n universiteitstudent se lewe. Hoekom is dit so belangrik om betroubare bronne te kry?
KompasKompas 29 April 2025
Wat is ‘n ware vriend, en hoe kan jy een wees? Anneke Langner, ‘n maatskaplike werker, help jongmense met ‘n paar belangrike wenke oor vriendskap.
KompasKompas 28 April 2025
Chloè van Rooyen gesels oor die Suidoosterfees en watter waarde kunstefeeste vir jongmense inhou. Antjie Krog deel haar poësie, en ‘n jong skrywer vertel van…
KompasKompas 25 April 2025
Moet ‘n mens deelneem, of moet jy eerder “nee dankie” sê wanneer jy dalk nie te goed is in iets nie? Ons kyk na die belangrikheid…
KompasKompas 24 April 2025
Ons doen hersiening van Afrikaans Huistaal se Vraestel 1 saam met juffrou Anica Prinsloo.
KompasKompas 23 April 2025
Dis Wêreld Boekedag. Hoe relevant is boeke nog in 2025? Het jy ‘n regte boek nodig, of kan jy eerder ‘n elektroniese toestel gebruik?
KompasKompas 22 April 2025
Dis Aardedag. Vanjaar se tema is hernubare energie. Cilnette Pienaar van Green Cape vertel meer.
KompasKompas 21 April 2025
'n Jong akteur vertel hoe hy tot die besluit gekom het om sonder alkohol en sigarette te leef, en sy hart vir die Here te gee. Dit volg nadat drie profete hom…
KompasKompas 18 April 2025
Is jy iemand wat graag voor ‘n groot skare mense wil praat, of dalk liewers wegkruip wanneer daar so 'n geleentheid is? Ons bespreek die waarde van…
KompasKompas 17 April 2025
Wil jy deel van ‘n jeugkoor wees? Ons vind by lede van die Drakensberg Seunskoor uit hoe die lewe in die berge en op die verhoog lyk, en moedig jongmense…
KompasKompas 16 April 2025
Barrie Ferreira praat met Gerco van Deventer, wat as gyselaar gehou is deur Al Kaïda, om te hoor hoe sy deursettingsvermoë hom gehelp het.
KompasKompas 15 April 2025
Dr. Ezette du Plessis, ‘n opvoedkundige sielkundige, verduidelik die doel van aanlegtoetse, wie daarby kan baat.
KompasKompas 14 April 2025
Hoe ontwikkel iemand 'n eetversteuring? Is dit net jong vroue wat daaraan lei, of kan dit met enigiemand gebeur? Chloè van Rooyen praat met sielkundige Dewald…
KompasKompas 11 April 2025
Barrie Ferreira vind meer uit van agter-die-skerms-beroepe in die TV- en filmbedryf.
KompasKompas 10 April 2025
Wat is jou lees-ouderdom? Ons hoor by die stigter en bestuurshoof van Stimulus Maksima, Lotta Engelbrecht, uit wat ‘n lees-ouderdom is, en hoe leerders…
KompasKompas 9 April 2025
Hoe gemaak as jy wil gaan studeer, maar jou ouers dink nie jou studierigting is die regte een nie?
KompasKompas 8 April 2025
Uithou, aanhou volhou. Dis woorde wat Danel Louw, algehele wenner in die professionele vrouekategorie van die Hyrox-kompetisie, al te goed verstaan. Sy deel…
KompasKompas 7 April 2025
Watter raad het jy om verkoue en griep te beveg? Chloè van Rooyne praat met 'n apteker om uit te vind hoe om gesond te bly in die winter. 'n Tandarts praat ook…
KompasKompas 4 April 2025
Goeiedag. Dumelang. Sawubona, Good Day. Bonjour. Hola! Wat is die waarde daarvan om 'n ander taal aan te leer?
KompasKompas 3 April 2025
Dit was gister Wêreld Outisme Bewusmakingsdag. Ons praat hieroor met Ilana Gerschlowitz van The Star Academy.