Shows / Kompas

Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Episodes
KompasKompas 23 Julie 2024
Dr. Nico van Niekerk, adjunkhoof van Hoërskool Linden in Johannesburg, doen hersiening van poësie om matrikalente voor te berei vir die rekordeksamen.
KompasKompas 22 Julie 2024
Chloè van Rooyen praat met Solin Roman. Hy was deel van 'n bende op die Kaapse Vlakte, en vasgevang in dwelmmisbruik. Met die hulp van 'n rehabilitasiesentrum…
KompasKompas 19 Julie 2024
Is nagraadse studie vir jou? Hoe kan bepaal of dit iets is wat jy moet nastreef as ‘n student? Barrie Ferreira delf in verskeie nagraadse studies om ‘n idee te…
KompasKompas 18 Julie 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met RSG se matriekafskeid-kompetisiewenners, Thembi Jane Buys en Tumelo Diale, en deel kenners se wenke om dié mooi dag selfs…
KompasKompas 17 Julie 2024
Dis altyd ‘n uitdaging om nuwe mense te ontmoet wanneer jy in ‘n nuwe omgewing is. Barrie Ferreira stel ‘n paar maniere voor hoe om mense te leer ken sonder om…
KompasKompas 16 Julie 2024
Dr. Jacques van Wyk, 'n dermatoloog, deel praktiese (en bekostigbare) velsorgwenke met tieners, om al die inligting wat deesdae op sosiale media is, te…
KompasKompas 15 Julie 2024
Elwira Standili gesels oor haar reis as gospelsanger al die pad tot voor die Koortjies-kameras, waar sy vandag die aanbieder is. Ons vind ook uit wat 'n film-…
KompasKompas 12 Julie 2024
Damprook is iets wat toeneem onder leerders in Suid-Afrika. Barrie Ferreira doen ondersoek na damprook onder jongmense, en praat met ‘n pulmonoloog om te…
KompasKompas 11 Julie 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met Riekie Wolmarans, wat telkemale aan die wêreld skaakkampioenskap deelgeneem het, oor wat hierdie sport so uniek maak…
KompasKompas 10 Julie 2024
Hoe kan jy ‘n verskil in jou gemeenskap maak? Barrie Ferreira praat met twee van 2024 se Top 200 Jong Suid-Afrikaners om te hoor hoe hulle deur middel van…
KompasKompas 9 Julie 2024
Ulrike Hougaard, ‘n jong Suid-Afrikaner wat in Japan werk, vertel van haar ondervinding, en gee wenke vir jongmense wat daaraan dink om oorsee te gaan werk.
KompasKompas 8 Julie 2024
Stel jy belang in animasie en videospeletjie-ontwerp? Wonder jy wat hierdie werk alles behels, en watter kwalifikasie jy moet hê? Chloè van Rooyen het gaan…
KompasKompas 5 Julie 2024
Wat verg dit om ‘n suksesvolle beroep in die kunste te volg? Barrie Ferreira praat met Lynelle Kenned, ‘n operasangeres en aktrise, om te hoor hoe sy haar…
KompasKompas 4 Julie 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met professionele tatoeëerkunstenaar Victor van den Heever oor wat sy beroep behels, en wat jy in ag moet neem voordat jy…
KompasKompas 3 Julie 2024
Barrie Ferreira vind uit wat dit verg om ‘n motorjoernalis te wees. Daar’s vlieg betrokke, daar is restaurante betrokke, en daar is nuwe roetes om te verken…
KompasKompas 2 Julie 2024
‘n Meisie wat pas verloof is, en ‘n meisie wat pas getroud is, deel hulle trouwenke om jong paartjies te help om geld (en spanning) te spaar.
KompasKompas 1 Julie 2024
Van kindsbeen af het Lara Muller 'n kop gehad vir besigheid, en vandag praat sy met trots oor haar eie boutique. Dié 25 jarige entrepreneur deel haar pêrels…
KompasKompas 28 Junie 2024
Wat is die relevansie van ‘n universiteitsgraad? Sowat 50 - 60% van eerstejaars skop op, druip of verander van kursus. Barrie Ferreira praat met ‘n…
KompasKompas 27 Junie 2024
Kan jy die taal van die liefde praat? Sielkundige Jandre van der Merwe verduidelik wat die verskillende liefdestale behels, en hoe om dit vlot te praat.
KompasKompas 26 Junie 2024
Barrie Ferreira praat met 'n vliegsintrukteer oor hoe jy 'n vlieglisensie kan bekom, en watter beroepsmoontlikhede daar is as jy een het.
KompasKompas 25 Junie 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met vyf jong skopboksvegters wat in Augustus in Hongarye aan die wêreldkampioenskap gaan deelneem. Hulle vertel hoe sport hulle…
KompasKompas 24 Junie 2024
Ons kyk na die sosialemedia-ideaal, trad-wives, en vind uit wat hierdie leefstyl behels. En, ons hoor watter loopbaanmoontlikhede daar is as jy…
KompasKompas 21 Junie 2024
Barrie Ferreira kyk na die kreatiewe idees en tegnologie van jongmense. Hy gesels met Henlo van der Westhuizen, wat Suid-Afrika se eerste plaaslik vervaardigde…
KompasKompas 20 Junie 2024
Glo jongmense nog in boererate? Om seker te maak boererate word aan die volgende generasie oorgedra, deel Hazel Janse van Rensburg en haar gaste hulle beste…
KompasKompas 19 Junie 2024
Barrie Ferreira vind uit hoe sukses gedefiniëer word, en hoekom dit belangrik is om dit te vier. Hy praat ook met Mej. Tiener, Carli Oosthuizen, om te hoor hoe…
KompasKompas 18 Junie 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met Instagramsensasie, Tiger, wat op 22, 160 kg geweeg het. Sy het sedertdien meer as 40 kilogram verloor, en het meer as 400…
KompasKompas 17 Junie 2024
Hoekom is dit belangrik om Jeugdag te vier? Hoekom is dit so moeilik vir jong mans om oor geestesgesondheidsprobleme te praat?
KompasKompas 14 Junie 2024
Barrie Ferreira gesels met Armand Aucamp-van Noordwyk, stigter van die afspraaktoepassing, Koer, om te hoor hoe jy so veilig moontlik kan wees wanneer jy…
KompasKompas 13 Junie 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met Simone Kruger, 'n para-atleet met ‘n splinternuwe wêreldrekord.
KompasKompas 12 Junie 2024
Tydens stresvolle tye soos eksamens, is dit maklik om te vergeet om te rus. Barrie Ferreira praat met Elmarie van Loggerenberg, die akademiese adjunkhoof by…
KompasKompas 11 Junie 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met Extreme Fighting Championship-atleet, Adrian Sanchez, oor hoe om positiewe uitlaatkleppe vir jou aggressie te vind.
KompasKompas 10 Junie 2024
Ons hoor by 'n verpleegster wat die simptome van seksuele oordraagbare infeksies is. 'n Seksuoloog praat oor seksuele gesondheid, onthouding en hoe ons…
KompasKompas 7 Junie 2024
Dit is 'n besige tyd vir baie hoërskoolleerders met die Junie-eksamen. Barrie Ferreira hoor by ‘n paar leerders van Hoërskool Die Wilgers hoe hulle die…
KompasKompas 6 Junie 2024
An-Mari Do Carmo vertel vir Hazel hoe sy in weerwil van ‘n traumatiese kinderlewe, outisme en ADHD, ‘n sukses van haar lewe maak.
KompasKompas 5 Junie 2024
Suid Afrika is wêreldwyd bekend vir sy goeie wyn. Barrie Ferreira praat met prof. Wessel du Toit, ‘n wingerd-en wynkunde dosent by Stellenbosch Universiteit…
KompasKompas 4 Junie 2024
Hoe maak jy ‘n beroep van skryf, en hoe bestuur mens jou tyd? Skrywer Elsa Winckler weet presies hoe! Sy deel al haar geheime met Hazel Janse van Rensburg.
KompasKompas 3 Junie 2024
Chloè van Rooyen hoor watter geleenthede daar vir jong mense as ambagslui is. Reagan Johnson vertel wat sy drome vir die jeug van Suid-Afrika is.
KompasKompas 31 Mei 2024
Die grootste vraag wanneer jy in matriek is, is wat gaan jy ná skool doen? Barrie Ferreira gesels met Sylvester Smith, orginaseerder by die ATKV se…
KompasKompas 30 Mei 2024
Twee matriekleerders staan die kans om hulle rok en pak vir vanjaar se matriekafskeid te wen. Dit word gemaak deur Elizabeth Galloway Academy of Fashion in…
KompasKompas 29 Mei 2024
Barrie Ferreira praat met 'n oogkundige om uit te vind watter impak ‘n konstante blootstelling aan digitale skerms op ‘n mens se oë het op skool. Hy hoor ook…
KompasKompas 28 Mei 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met die wenners van vanjaar se Poortprys in die poësie- en prosa-kategorieë.
KompasKompas 27 Mei 2024
Chloè van Rooyen hou matriekafskeid! Sy vind uit wat om in gedagte te hou vir die groot aand. En, daar is verrassing wat twee matrikulante se drome kan…
KompasKompas 24 Mei 2024
Barrie Ferreira trek sy tekkies aan, en gaan stap saam met Linda Viljoen wat bekend is vir haar Instagramblad, Linda Hikes South Africa. Hulle praat oor die…
KompasKompas 23 Mei 2024
Hazel Janse van Rensburg hoor by professor Annemarie Hattingh, 'n fisiese wetenskappe-lektor by die Universiteit van Kaapstad, hoe studentelewe uit ‘n dosent…
KompasKompas 22 Mei 2024
Wêreld Biodiversiteitsdag beklemtoon die belangrikheid van die natuur in ons lewe. Barrie Ferreira gesels met studente wat biodiversiteit studeer om te hoor…
KompasKompas 21 Mei 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met twee leerders van Hoërskool DF Malan oor hulle ondervinding om hulle bestuurderslisensies te kry.
KompasKompas 20 Mei 2024
Ons vat alles saam wat ons die afgelope paar weke geleer het oor die verkiesing. Jaques Jansen van die OVK deel weer 'n paar van die belangrike punte, soos die…
KompasKompas 17 Mei 2024
Met die vakansie wat nader kom vir universiteitstudente, sal baie mense binnekort huis toe ry vir die vakansie. Barrie Ferreira praat met Ruan Vermaak, ‘n…
KompasKompas 16 Mei 2024
Hazel Janse van Rensburg vind by Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie uit wat die gedragskode behels wat politieke partye, kandidate en…
KompasKompas 15 Mei 2024
Kunsmatige inteligensie word al hoe meer gebruik in opvoedkundige instellings. Barrie Ferreira praat met twee jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs wat…
KompasKompas 14 Mei 2024
Kompas woon die Proscenium Dramakompetisie by. Ons vat jou deur die hele proses – van die uitdunne tot die aankondiging van 2024 se wenners.
KompasKompas 13 Mei 2024
Wat word bedoel met ‘n vry en regverdige verkiesing? Hoe deursigtig is die proses? Wie is die rolspelers wat onafhanklike, vrye en regverdige verkiesings moet…
KompasKompas 10 Mei 2024
Hoe moet jy met jou finansies werk wanneer jy op universiteit is? Is dit ooit te vroeg om te begin spaar vir jou aftrede? Barrie Ferreira besoek ‘n kuierplek…
KompasKompas 9 Mei 2024
Mediese dekking kan jou sak ruk. Susan Koekemoer, 'n finasiele verhoudingsbouer, verduidelik hoe studente hulleself op ‘n studentebegroting kan dek.
KompasKompas 8 Mei 2024
Barrie Ferreira praat oor entrepreneurskap terwyl jy op universiteit is. Bouwer Bosch gesels oor sy ondernemings, en dr. Dawie Bornman van die Universiteit van…
KompasKompas 7 Mei 2024
Daar is baie te sê oor hoe om tienerswangerskappe te voorkom, maar ons fokus op die feit dat jy nou swanger is, en jy moet kop bo water hou. Twee mammas wat as…
KompasKompas 6 Mei 2024
Chloè van Rooyen praat met Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommisie oor die drie stembriewe wat kiesers vir die eerste keer in nasionale en…
KompasKompas 3 Mei 2024
Die musiekgroep, Droomsindroom, het in 2022 hulle debut gemaak met hulle liedjie Hey Sonneblom. Oor die laaste twee jaar het hulle groot sukses behaal, al is…
KompasKompas 2 Mei 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met Christiaan Hougaard, hoof van die musiekdepartement by Muizenberg Junior Skool, oor die waarde van musiekopvoedkunde.
KompasKompas 1 Mei 2034
Musiekterapie is nie ‘n bekende beroep nie, tog bied dit ‘n unieke vorm van genesing. Barrie Ferreira vind uit wat die beroep behels by musiekterapeut, Anja…