Shows / Kompas

Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Episodes
KompasKompas 15 Oktober 2024
Ons doen hersiening van Rekenaartoepassingstegnologie Vraestel 1 en 2 saam met Juffrou Luzaan Pieters, vakadviseur in die Overberg-distrik.
KompasKompas 14 Oktober 2024
Wat is die moets en moenies wanneer jy vir die eerste keer by jou meisie of kêrel se ouerhuis gaan kuier? Chloè van Rooyen praat ook met die…
KompasKompas 11 Oktober 2024
Barrie Ferreira bespreek die kwessie van energie drankies om te sien watse impak dit op ‘n mens se liggaam kan hê. Wat is die rede hoekom jy die energiedrankie…
KompasKompas 10 Oktober 2024
Ons doen hersiening van Geografie saam met Meneer Glen Samaai, senior kurrikulumbeplanner by die Wes-Kaapse Departement van Onderwys.
KompasKompas 9 Oktober 2024
Barrie Ferreira vind meer uit van joernalistiek as ‘n beroep by twee van Suid Afrika se topjoernaliste.
KompasKompas 8 Oktober 2024
Ons doen hersiening van Wiskunde saam met Meneer Drico Snyman van Hoërskool Oos-Moot.
KompasKompas 7 Oktober 2024
Chloè van Rooyen het 'n draai gemaak by die Proscenium-projek, wat by die Woordfees op die planke te sien was. Angelo Bergh en Angelo Johnson van die gewilde…
KompasKompas 4 Oktober 2024
Barrie Ferreira vier Wêreld-Onderwysersdag met ‘n les op lug. Hy en 'n onderwyser doen twee wetenskapeksperimente.
KompasKompas 3 Oktober 2024
Ons doen hersiening van Wiskundige Geletterdheid saam met Juffrou Alexa van Wyk.
KompasKompas 2 Oktober 2024
Barrie Ferreira vind meer uit van die impak wat eksamenangs op jongmense het.
KompasKompas 1 Oktober 2024
Ons doen hersiening van Engels Eerste Addisionele Taal Vraestel 1 en 2 saam met Juffrou Michelle Rhoda.
KompasKompas 30 September 2024
Ons hoor wat uitbranding veroorsaak, en hoekom mense dikwels dinge uitstel. En ons kry raad oor hoe om stres te hanteer.
KompasKompas 27 September 2024
Barrie Ferreira vind uit watter beroepe jy alles kan volg in die toerismebedryf, en wat jy in daardie rigting kan studeer.
KompasKompas 26 September 2024
Ons doen hersiening van Inligtingstegnologie Vraestel 1 en 2 saam met Meneer Jacques Louw.
KompasKompas 25 September 2024
Barrie Ferreira praat oor verhoudings waarvoor jy versigtig moet wees as ‘n jong persoon, veral aanlyn. Nie almal op die internet is daar om die lewe vir jou…
KompasKompas 24 September 2024
Ons doen hersiening van Besigheidstudies saam met Juffrou Helena van Zyl.
KompasKompas 23 September 2024
Chloè van Rooyen vier Erfenisdag in haar kombuis. Sy gesels oor die rol van kos in verskillende kulture, terwyl sy haar ouma se asynkerrie maak.
KompasKompas 20 September 2024
Hoe word mens ‘n haarkapper? Barrie Ferreira vind meer uit oor haarkappery as ‘n beroep, en hoe jy ‘n kwalifikasie in dié rigting kry.
KompasKompas 19 September 2024
Ons doen hersiening van Afrikaans Huistaal se Vraestel 3, saam met Juffrou Anita Voges.
KompasKompas 18 September 2024
Barrie Ferreira praat oor spanwerk, iets wat sommige mense van hou, maar ander nie kan verdra nie. Hy vind uit hoe spanwerk behoort te lyk, en hoe ‘n mens dit…
KompasKompas 17 September 2024
Ons doen hersiening van Engels Eerste Addisionele Taal se Vraestel 3, saam met Juffrou Natalie Goetsch.
KompasKompas 16 September 2024
Chloè van Rooyen kry raad oor hoe om veilig te wees by kuierplekke. Sy hoor oon by 'n paar jongmense hoe hulle eerste uitgaanervaring was.
KompasKompas 13 September 2024
Barrie Ferreira vind meer uit oor oor die MK-generasie, en watter invloed daai musiek op jongmense gehad het. Hoekom bestaan dit nie meer nie?
KompasKompas 12 September 2024
30 Dinge wat jy voor 30 moet weet! ‘n Klomp bekendes vertel van die waardevolle lesse, wat hulle op die harde manier moes leer.
KompasKompas 11 September 2024
Barrie Ferreira gesels met Almero Welgemoed oor die musiek wat hy vir ‘n nuwe TV-reeks geskryf het. Ons hoor ook hoe jy kan bepaal of musiekstudies vir jou is…
KompasKompas 10 September 2024
Is jy met die maan gepla? Ruimtefisikus dr, Ruhann Steyn vertel ons meer van ons mooie maan.
KompasKompas 9 September 2024
Twee aktrises vertel waarmee hulle tans besig is. Ons gesels oor die Woordfees se produksies, en die belangrikheid van opvoedkundige teater.
KompasKompas 6 September 2024
Barrie Ferreira kuier agter die skerms by ‘n nuwe realiteitsreeks oor toneelspel vir jong mense. Hy praat met van die deelnemers en mentors om te hoor waaroor…
KompasKompas 5 September 2024
Hannes Bruwer vind uit wat dit verg om ‘n barista te wees, en ons vier sommer ook die wonderlike koffieboon wat ons in die oggend uit die bed kry.
KompasKompas 4 September 2024
Wat beteken dit om te dink? Ons bespreek denke en logika, en hoe om na idees te kyk sonder om dit blindelings te aanvaar.
KompasKompas 3 September 2024
Het jy al begin om vir die eksamen te hersien? Dr. Cecilia Klopper, direkteur van CURAparent, deel waardevolle wenke om jou hiermee te help.
KompasKompas 2 September 2024
Chloè van Rooyen vier Lentedag, en kry raad oor hoe om na potplante te kyk. 'n Trotse plantpappa vertel van sy roetine met sy plantkinders.
KompasKompas 30 Augustus 2024
Voel jy moeg en uitgebrand, of is jy net nie meer lus vir daardie ding, wat ons akademie noem, nie? Barrie Ferreira praat oor wat gebeur wanneer jy doelwitte…
KompasKompas 29 Augustus 2024
Wat presies gebeur tydens jou menstruele siklus? Verpleegkundige Elsabe Nienaber beantwoord Hazel Janse van Rensburg se vrae om jong meisies te help verstaan…
KompasKompas 28 Augustus 2024
Wat het honde, drama en perde met mekaar te doen? Barrie Ferreira kyk na verskillende soorte alternatiewe terapie om te sien hoe jongmense daarby kan baat, en…

KompasKompas 26 Augustus 2024
'n Terapeut gee raad oor hoe om jou denkpatrone te verander om angs en die oordink van kwessies te bestuur. Ons hoor by 'n paar jongmense wat hulle doen om…
KompasKompas 23 Augustus 2024
Is enkellopendheid iets om jouself oor te bekommer, of iets om te vier? Barrie Ferreira vind uit hoe om die enkellopende fase van jou lewe te vier, te midde…
KompasKompas 22 Augustus 2024
Om op 'n jong ouderdom ‘n ouer aan die dood af te staan, affekteer jou nie net as kind nie, dit het ook later as volwassene ‘n groot impak op jou lewe. 'n Jong…
KompasKompas 21 Augustus 2024
Met soveel dobbeltoepassings en dobbelwebwerwe wat deesdae geadverteer word, is dobbelverslawing iets wat toenemend ‘n probleem raak onder jongmense. Barrie…
KompasKompas 20 Augustus 2024
Kamp bring baie geestesgesondheidselemente bymekaar. Hazel Janse van Rensburg gesels met Alexander Maniatis, bekend vir sy rol as Captain Curo in die…
KompasKompas 19 Augustus 2024
Chloè van Rooyen gesels met 'n hokkie-uitblinker wat oorsee gaan toer. Dan kom kuier 'n paar voormalige Kompasgaste, en ons hoor waarmee hulle besig was sedert…
KompasKompas 16 Augustus 2024
Barrie Ferreira praat oor bestuurderskursuse en -lisensies. Wat is die waarde van ‘n gevorderde bestuurderskursus, en wat is die verskillende lisensies wat jy…
KompasKompas 15 Augustus 2024
Hazel Janse van Rensburg gesels met ‘n groepie Stellies-studente om te kyk of hulle vir eens en altyd kan uitwerk hoe mans en meisies se koppe werk.
KompasKompas 14 Augustus 2024
Barrie Ferreira praat met ‘n internasionaal bekende fotograaf om te hoor wat sy beroep behels. 'n Lektor in fotografie vertel wat jy alles in 'n…
KompasKompas 13 Augustus 2024
Sportsielkundige Jannie Putter en sy seun, die tennisuitblinker Victor Putter, gesels oor die voor- en -nadele van kompetisie op skoolvlak.
KompasKompas 12 Augustus 2024
Op watter manier kan troeteldiere voordelig wees vir kinders se ontwikkeling? Wat is die beste opsie, koop of aanneem? Kan jy 'n pleegouer wees vir 'n…
KompasKompas 9 Augustus 2024
Barrie Ferreira gesels met die 19-jarige gewigstoter, Ashley Erasmus, en die roeier, Esti Olivier, wat deelneem in die Olimpiese Spele in Parys.
KompasKompas 8 Augustus 2024
Transgender is ‘n term wat gelaai is met vooropgestelde idees en verwarring. Dr. Chan Croeser vertel vir Hazel Janse van Rensburg wat die term beteken, en wat…
KompasKompas 7 Augustus 2024
Barrie Ferreira gesels met twee vroue wat in tradisionele mansgedomineerde bedrywe werk. Hy praat ook met iemand wat studeer om ‘n meulmaker en…
KompasKompas 6 Augustus 2024
Dans is dalk net die beste (en goedkoopste) vorm van terapie! Shani Daniel, die eienaar van Studio X Dance, gesels oor die positiewe invloed wat dans op…
KompasKompas 5 Augustus 2024
Afrikaans.com gee raad vir Graad 9-leerders oor hoe om die regte vakkeuses te maak, en hoekom dit so 'n belangrike belsuit is. Ons skop Vrouemaand af met 'n…
KompasKompas 2 Augustus 2024
Barrie Ferreira gesels met twee jong Suid-Afrikaners wat deelneem aan die 2024 Olimpiese Spele. Die 22- jarige Mel Janse van Rensburg, ‘n rotsklimmer, en die…
KompasKompas 1 Augustus 2024
Persoonlike afrigter Luk Rippon gee raad vir jongmense wat hierdie beroep wil volg.
KompasKompas 31 Julie 2024
Barrie Ferreira kyk na die toenemende gewildheid van eSport in skole. Hy praat met ‘n eSport-onderwyseres om te hoor watter waarde hierdie onkonvensionele…
KompasKompas 30 Julie 2024
Maatskaplike werker Marlene van Vuuren gee raad oor hoe om ‘n vriendskap met ‘n eks en/of ‘n eks se ouers te benader nadat ‘n verhouding beëindig is.
KompasKompas 29 Julie 2024
Chloè van Rooyen praat oor mensehandel en aanlynveiligheid met prokureur Nadine Blom en misdaadverslaggewer Maygene de Wee.
KompasKompas 26 Julie 2024
Het jy al ooit gewonder hoe dit is om deel te wees van ‘n lugredery se kajuitbemanning? Barrie Ferreira praat met ‘n opleier om uit te vind.
KompasKompas 25 Julie 2024
Courtney Hodgeson, 'n suksesvolle jong entrepreneur, vertel hoe sy haar besigheid, vrou alleen, van die grond af gebou het.
KompasKompas 24 Julie 2024
Die rekordeksamen is die laaste geleentheid wat leerders het om te bepaal watter afdelings in ‘n vak se curriculum steeds vir hulle moeilik is om toe te pas…