Latest / 100.5fm Nuus Klankgreep

Twee arrestasies gemaak na vrou se moord tydens plaasaanval in Lydenburg
Twee Mosambiekse mans sal binnekort in die Mashishing-landdroshof verskyn weens die moord Maandag op ‘n vrou tydens ‘n plaasaanval buite Lydenburg. Volgens die polisie is die 41-jarige Vinolia Sedibe verwurg. Die mans het die huis bestorm en haar en ‘n ander vrou beroof. Hulle is gister gearresteer. Hulle sal aangekla word van onder meer moord, huisroof en poging tot verkragting. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.