Latest / 100.5fm Nuus Klankgreep

Twee verdagtes aangekeer na 51 Putco busse in Mpumalanga brand
Die polisie in Mpumalanga het gisteraand twee verdagtes aangekeer in verband met die brandstigting Maandagaand van 51 Putco busse in die Nkangala-distrik. Volgens die polisie het ‘n groep gewapende aanvallers in drie voertuie Putco-werknemers by verskeie depots aangehou. Van hulle is aangerand. Een sekerheidswag is in die been geskiet en gewond. Een van die verdagtes was glo in besit gevind van een van die slagoffers se selfone sowel as ‘n magasyn vir ‘n 9mm pistool.. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Donald Mdhluli: 100.5FM Radio Laeveld Nuus
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.