
IPC eis antwoorde ná drie werkers se dood
Die IPC vra vir onafhanklike ondersoeke na die dood van drie werkers in Sibbinda, Windhoek en Swakopmund. In Windhoek is ’n werker dood nadat ’n plank op hom geval het terwyl hy dit verwyder het, terwyl ’n betonmuur tydens slopingswerk by Swakopmund se munisipale bungalows ineengestort en ’n werker se lewe geëis het. Die IPC se skaduminister van justisie en arbeidsverhoudinge, Elvis Lizazi, sê werkgewers en kontrakteurs wat aan die voorvalle skuldig bevind word, moet vervolg word.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.