
God wil keer dat jou lewe uitmekaar rafel
Ek onthou die dag nog so goed. Baie jare gelede is ek besig om aan my verhandeling vir my meestersgraad te werk. Ek werk destyds op ‘n ou Burroughs rekenaar. Dis ‘n massiewe rekenaar wat die hele lessenaar volstaan. Dit was toe al oud. ‘n Universiteit het hul rekenaarstelsel opgegradeer, en so het ek een van die oues bekom. Ek was baie dankbaar. Dit was my eerste rekenaar. Iets loop skeef daardie dag. Voor my oë begin die rekenaar alles wat ek geskryf het, uitvee. Lettertjie vir lettertjie, van die laaste letter af terug. Paniekbevange probeer ek die proses stopsit. Druk knoppies. Tik…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.