
Ontwikkelde lande 'moet opdok vir klimaatsverandering'
Omgewingsminister Indileni Daniel doen by die COP31-klimaatberaad in Turkye 'n beroep op meer klimaatgeregtigheid en internasionale steun vir kwesbare lande. Sy sê Namibië dra min tot wêreldwye kweekhuisgasvrystellings by, maar word swaar deur klimaatsverandering geraak. Herhalende droogtes, vloede en watertekorte plaas druk op landbou en gemeenskappe. Daniel sê dat ontwikkelde lande meer klimaatfinansiering aan lande soos Namibië beskikbaar moet stel.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.