skinny.

Latest / Kosmos 94.1

Wes-Kaap stel waterbeperkings in te midde van dalende damvlakke

Suid-Afrika se minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het waterbeperkings in die Wes-Kaap aangekondig terwyl damvlakke aanhou daal. Huishoudings en ondernemings se waterverbruik word met sewe-persent besnoei, terwyl boere se verbruik met 15-persent verminder. Die provinsie se damme was op 2 November op 72-persent teenoor 84-persent in dieselfde tydperk verlede jaar. Majodina het inwoners, ondernemings en boere gevra om water spaarsamig te gebruik en by die beperkings te hou:

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.