
Die Boom, Die Hond en die Oorhangende Takke
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Ai, die heining bly maar 'n twisappel. Maar hierdie keer is dit 'n lemoentwis. En ja jy het reg geraai tannie Elsa bly maar twisgierig. Hierdie se keer is ek in die moeilikheid omdat ek kwansuis haar lemoene staan en eet het. Raai ne? As ek nie vuilgoedblikke steel nie dan steel ek lemoene. Oupa kom toe tot my redding. Dankie Oupa. En meneer Lemmetjies wil die lemoen probleem oplos met 'n ou komitee. Wat vir my die probleem opgelos het was my eie ou teetjie!
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.