
Tegniese fout by Amerikaanse bankreus ontwrig betalings
Fox News berig dat ’n tegniese fout by die Amerikaanse bankreus JPMorgan Chase Maandag betalings en aanlyndienste vir talle kliënte ontwrig het. Sommige kliënte van ander banke, waaronder Bank of America en Wells Fargo, is ook deur betalingsvertragings geraak wanneer hulle transaksies met Chase gedoen het. Chase skryf die probleme toe aan ’n sagtewarefout in sy interne stelsels en sê dit was nie ’n kuberaanval nie. Die bank het intussen bevestig dat dienste herstel is.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.