skinny.

Latest / Kerkbode Kollig

Kollig episode 52 | Aftrede – Dr Thys Smith vertel meer oor hierdie lewensfase

Die lewensfase na aftrede trek wêreldwyd aandag. Mense leef langer en werk langer. Dit het “statuur gekry” sê dr Thys Smith van Wellington. Hy het self al drie keer afgetree en op 79 het hy ook ’n boek geskryf oor die tema van sinvol aftree.

Hy sê een van die belangrike dinge wat hy ontdek het ’n mens met aftrede moet weet is dat jy aftree nie om te gaan stil sit nie, maar om aan te tree vir ’n nuwe lewensfase. Een met sy eie unieke uitdagings, geleenthede en genietinge. Só vertel hy vir Heléne Meissenheimer vir hierdie aflewering van Kerkbode Kollig. In ons podsending van so 15 minute vertel…

Read the full description

hy meer oor die leefwêreld van ouer mense vandag na aanleiding van sy boek, Anderkant 65: Aftrede en daarna.

Dr Thys Smith se boek kan aanlyn bestel word by CLF (R230). Kyk ook uit vir die onderhoud met hom in die Desember-uitgawe van LiG, susterpublikasie van Kerkbode.

Log in to save or queue this episode.

Short listen plan

No short plan yet. We need saved quotes in chapters with known start and end times, backed by a timed transcript.

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.