skinny.

Latest / Kerkbode Kollig

Episode 40 | Gemeentes met gebroke verhale van hoop – Dr Marelize Maritz

Hoe lyk ’n gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk? Só ’n gemeente se storie is dikwels vol gebrokenheid, maar hulle verhaal van aanpas by veranderde omstandighede skets ’n prentjie van hoop. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat spesialiseer in praktiese en missionale teologie.

Sy is mederedakteur van die boek, Bakengemeentes: Nagedink oor roeping en getrouheid. Dit is ’n nuwe boek wat die stories van 26 sulke gemeentes bevat, sowel as insigte uit die Kerkspieël- en Predikantepaneel-vraelyste.

Maritz vertel hierdie boek, wat…

Read the full description

’n hele hoofstuk oor roeping insluit, is bedoel as ’n praktiese gids vir mense wat beleef dat die kerk, soos sy dit stel, “op ’n vasloopplek is of wat dalk dink ons gaan nie meer bestaan nie, dat die NG Kerk se tyd verby is in Suid-Afrika”.

Die boek is beskikbaar by CLF.

Meer oor die boek: Die werk sluit kwalitatiewe en kwantitatiewe empiriese data in, versamel deur die NG Kerk se Algemene Taakspan Navorsing, en staan in gesprek met die 2030-droomscenario wat na afloop van die Algemene Sinode van 2019 geformuleer is. Bron: CLF.

Log in to save or queue this episode.

Short listen plan

No short plan yet. We need saved quotes in chapters with known start and end times, backed by a timed transcript.

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.