Latest / 100.5fm Nuus Klankgreep

N4 ongeluk eis sewe lewens
Sewe mense, insluitend ‘n kleuter van ongeveer twee jaar oud, is gistermiddag dood in ‘n botsing op die N4-tolpad tussen Belfast en Wonderfontein. Volgens die woordvoerder van die departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, het een van die sedans na vermoede beheer verloor en trompop teen ‘n ander, aankomende voertuig gebots. Die oorledenes sluit beide bestuurders in. Een oorlewende is ernstig beseer. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.