
Skrywers en boeke 1 Maart 2023
Ilse Salzwedel gesels met Antoinette Venter oor haar KINDERS VAN DIE GODE-reeks vir laerskoolkinders, en vertel ook meer oor die AVBOB Road to Literacy-projek (in samewerking met Oxford University Press). Met hierdie inisiatief kan ‘n behoeftige laerskool een van 260 trolliebiblioteke met 500 kinderboeke (in leerders se moedertaal) wen. Inskrywings sluit op 14 April. Johan Myburg vertel meer oor die Roahl Dahl-sensuurdebakel, en gesels oor Simon Sebag Montefiore nuwe boek THE WORLD: A FAMILY HISTORY OF HUMANITY, wat ‘n interessante blik bied op die wêreldgeskiedenis.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.