
Skrywers en boeke 22 Desember 2021
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor mooi koffietafelboeke, inspirerende selfhelpboeke en kookboeke. Bibi Slippers deel haar lekkerleesboeke vir 2021, en Johan Myburg gesels oor sy top drie Afrikaanse boeke vir die afgelope jaar. In sy gebruiklike internasionale insetsel gesels Johan oor Britse biblioteke se gewildste oudio- en e-boeke vir 2021, en ‘n besondere koffietafelboek uit die pen van Bruce Springsteen en Barack Obama. Hy sluit sy insetsels vir die jaar af met ‘n Kersfeesgedig uit die pen van die Engelse digter John Betjeman.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.