skinny.

Latest / Kosmos 94.1

Kontrak geteken vir nuwe hospitaal in Windhoek

Die beplande Windhoek-distrikshospitaal in Havana is 'n stap nader aan verwesenliking ná die ondertekening van ’n kontrak van 174 miljoen Namibiese dollar, wat deur die Sentrale Verkrygingsraad gefasiliteer is. Die kontrak is toegeken aan Elderwood Trading CC in ’n gesamentlike onderneming met Shangsheng Construction. Die 12-maande-projek sluit grootmaatgrondwerke, ’n waterreservoir, paaie, stormwaterdreinering, watervoorsiening, rioolnetwerke en elektrisiteitsinfrastruktuur in. Die raad se woordvoerder, Johanna Kambala, het met Kosmos 94.1 gepraat.

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.