
Episode 2: Oor grense na hoop
In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels ons oor die oorsteek van grense. Ds Deon van der Berg van Stella in Noordwes is ondervoorsitter van die Red ‘n Plaas Red ‘n Gemeenskap Rampfondsprojek. Hy vertel meer daaroor asook die verskillende kreatiewe maniere waarop mense die camino-fondsinsameling daarvoor kan ondersteun. Die moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, ds Jan Lubbe, was een van meer as 70 sprekers by ’n onlangse konferensie, Oplossings vir die platteland, wat in die Vrystaat plaasgevind het. Ons luister na ’n uittreksel uit sy spreekbeurt.
Peet Botma is ’n…
Read the full description
avonturier en lief vir die see. Hy het onlangs die harte van ’n groepie Kaapse kinders (almal uit moeilike omstandighede) baie bly gemaak toe hy reggekry het om manalleen met ’n roeiboot oor die Atlantiese oseaan te roei. Jaco Strydom het vir Kerkbode met hom gesels oor sy deelname aan een van die wêreld se mees uitdagendste wedvaarte, The Worlds Toughest Row.
Short listen plan
No short plan yet. We need saved quotes in chapters with known start and end times, backed by a timed transcript.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.