Latest / 100.5fm Nuus Klankgreep

Twee Mosambiekse broers gevonnis weens perlemoen
Twee Mosambiekse broers is deur die Boschfontein-streekhof gevonnis vir oortreding van die Immigrasiewet en die Wet op Mariene Hulpbronne. Jose Carlos en Ivo Alberto Matsinhe was op pad van Suid-Afrika na Mosambiek toe die polisie gedroogde perlemoen in hul enkelkajuitbakkie gevind het. Dit het ‘n geraamde straatwaarde van meer as 648-duisend-Rand. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het hulle skuld beken. Jose Carlos is gevonnis tot agt maande gevangenisstraf wat vir drie maande opgeskort is. Ivo Carlos is gevonnis tot 'n boete van…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.