skinny.

Latest / Kosmos 94.1

Onderwysministerie versterk planne om vloedskade aan skole te beperk

Die onderwysministerie verskerp sy voorbereidings vir seisoenale oorstromings wat veral skole in die noorde en noordooste van die land raak. Minister Sanet Steenkamp sê die veiligheid van leerders, onderwysers en ander personeel bly die belangrikste. Sy het in die Nasionale Vergadering op ’n vraag van die IPC-LP Mathias Mbundu geantwoord oor herhalende skoolsluitings weens vloede. Steenkamp sê die ministerie het ook ’n keerwalprojek oorgeneem wat aanvanklik deur die Kantoor van die Eerste Minister begin is. Dit is bedoel om drie skole in die Zambezi-streek teen vloedwater te beskerm.

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.