
Voedselpryse sal meer styg: ekonoom
Verdere stygings in voedselpryse kan in die komende maande verwag word namate hoër brandstof- en vervoerkoste die ekonomie insypel, asook die verwagte El Niño. Standard Bank Namibië se ekonoom, Helena Mboti, sê vervoerkoste het die grootste bydraer tot die land se inflasiekoers geword. Dit wek kommer dat noodsaaklike voedsel en verbruikersgoedere duurder sal word.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.