Latest / 100.5fm Nuus Klankgreep

Man sit lewenslank wat meisie doodsteek
Die Mpumalanga Hooggeregshof het ‘n man lewenslange tronkstraf opgelê vir die wrede moord op sy vriendin – tydens die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders. Die 44-jarige Vermando Chowe het Soneni Mashaba in Desember 2022 in Shabalala Trust in Hazyview voor haar twee kinders met ‘n mes doodgesteek. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het hy geen berou getoon nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.