skinny.

Latest / 100.5fm Nuus Klankgreep

Rondawels brand af in die Krugerwildtuin

SANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin aangeraai om versigtig te wees met braaivleisvure in winderige toestande. Dit volg na verskeie rondawels gisteraand afgebrand het. In Olifants-kamp het drie eenhede in ligte laaie opgegaan. In Satara-ruskamp het 'n braaivuur 'n wooneenheid aan die brand laat slaan. Daar was in die geval minimale skade aan die struktuur en inwoners se besittings. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê se geen beserings is aangemeld. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.