skinny.

Latest / Spitstyd

Kuns met kontant: Rhona van Niekerk (Deel 1)

Hoeveel mense loop nie met 'n droom rond wat hulle jaar ná jaar uitstel nie? Omdat die lewe gebeur, die rekeninge betaal moet word en daar altyd iets belangriker is wat eers moet gebeur. Rhona van Niekerk en haar storie is een waarmee baie van ons kan vereenselwig. Sy kom van Bethal in Mpumalanga, het musiek aan die Universiteit van Pretoria studeer, skool gegee en uiteindelik haar eie musiekskool gebou. Vir jare het sy ander mense geleer om te sing en musiek te maak, terwyl haar eie droom om 'n opnamekunstenaar te word op die agtergrond gebly het. Tot sy besluit het om iets daaraan te doen…

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.