skinny.

Latest / Kosmos 94.1

Sintana Energy begin op Namibiese Effektebeurs verhandel

Die Kanadese energiemaatskappy Sintana Energy het sy debuut op die Namibiese Effektebeurs se ontwikkelingskapitaalbord gemaak, met sy aandeel wat op die eerste verhandelingsdag teen drie dollar en 97 sent gesluit het. Die maatskappy se belangrikste belegging is in die belowende Mopane-olie- en gasontdekkingsgebied, waar dit deur Custos Energy 'n effektiewe belang van 4,9 persent hou. TotalEnergies en Galp besit elk 40 persent van die blok, met TotalEnergies as operateur. Sintana se uitvoerende hoof, Robert Bose, sê bedrywighede by Mopane gaan die komende maande aansienlik toeneem.

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.