skinny.

Latest / Kosmos 94.1

Dangote-projek moet nog omgewingsklaring kry

Die Dangote-brandstofterminaal projek van 41 miljard Namibiese dollar by Walvisbaai het nog nie omgewingsgoedkeuring ontvang nie, ondanks verlede week se sooispit-seremonie wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah bygewoon is. Die Presidensie sê haar bywoning het die regering se steun vir die belegging aangedui, en moenie as omgewingsgoedkeuring of ’n vrystelling van regulatoriese vereistes vertolk word nie. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die projek steeds ’n omgewingsimpakstudie, openbare konsultasie en die nodige goedkeuringsprosesse moet deurgaan.

Log in to save or queue this episode.

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.