
Brown waarsku oor brose fiskale posisie
Ekonoom en medestigter van Cirrus Capital, Rowland Brown, sê Namibië is gelukkig dat Fitch Ratings sy soewereine kredietgradering op BB-, met 'n stabiele vooruitsig, behou het. Hy waarsku egter dat die land se fiskale posisie steeds broos is, met lae kontantreserwes, stygende skuld en 'n groot begrotingstekort. Brown sê die situasie kan vinnig versleg indien groot beleggingsprojekte, soos TotalEnergies se Venus-projek, vertraag word of ekonomiese groei stagneer.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.