Latest / 100.5fm Nuus Klankgreep

Ondersoek na polisie glo drie onwettige mynwerkers in Sabie doodskiet
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ‘n voorval waartydens drie vermeende onwettige mynwerkers gister in Sabie doodgeskiet is. Volgens die polisie was hulle besig met roetinepatrollies in die omgewing van die New Village-mynskag toe daar uit verskillende rigtings op hulle geskiet is. Een beampte van die honde-eenheid is in die been getref. Wetstoepassers het teruggeskiet en drie verdagtes is noodlottig gewond. Volgens die polisie is twee AK-47-gewere sowel as ongeveer 500 rondtes ammunisie op die misdaadtoneel gevind. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.