skinny.

Latest / Kerkbode Kollig

Episode 29 | 'Jy moes 'n testament opstel ... op ouderdom 18' - Bun Booyens oor diensplig

"Ek dink daar is baie mense wat afsluiting soek," sê Bun Booyens in 'n onderhoud vir dié Kollig-episode oor sy nuwe boek TROEP, wat eersdaags by Penguin verskyn.

Booyens het uiteenlopende vertellings ná gesprekke met meer as 100 oud-dienspligtiges opgeteken en georden.

Só klink van die temas:

INKLAAR – My ma was banger as ek

’N KAPELAAN ONTHOU – Genade tussen die ongenade

PT – Julle wil mos nie saamwerk nie

LANDMYN – Die duiwel se niggie

HOM ONTHOU EK – ’n Bruin soldaat in ’n wit basis

SOLDATETAAL – Woorde, frases en afkortings

STERFTES – 23 jaar, 6 maande, 3 weke en 2 dae

Bronne verskil oor…

Read the full description

hoeveel mense in die Grensoorlog gesterf het, verduidelik Booyens. Die SA Militêre Veterane-organisasie Internasionaal bereken die sterftesyfer vir die tydperk 26 Augustus 1966 tot 21 Maart 1990 as volg:

Totale aantal sterfgevalle 2 573. Sowat 30% sneuwel in aktiewe diens terwyl ander oorsake goed soos vliegongelukke en vernaam motorongelukke insluit.

"Ek dink wat mense se geloofsbelewenis verander het in die weermag, was die tyd toe jou lewe veronderstel was om in alle rigtings oop te vou en te navigeer volgens jou eie keuses, was jy daar in 'n situasie waar jy na die dood moes kyk. Jy moes 'n testament opstel op ouderdom 18 ... En jy het 'n dog tag gehad om jou nek: Nommer, rang, naam, bloedgroep. En kerkverband."

Log in to save or queue this episode.

Short listen plan

No short plan yet. We need saved quotes in chapters with known start and end times, backed by a timed transcript.

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.