
Skrywers en Boeke 26 Augustus 2020
Breyten Breytenbach kom aan die beurt in die minireeks oor die Sestigers. Jy kan onder andere luister na 'n argiefonderhoud met hom wat in 1964 opgeneem is, asook toonsettings van gedigte uit sy pen. Prof. Willie Myburg gesels oor Breytenbach se letterkundige nalatenskap, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde. Hy gesels onder andere oor die gewildheid van Nordiese noir, 'n toekomsbiblioteekprojek wat eers oor 96 jaar ten einde gaan loop, en die wenners van 'n Britse letterkundeprys.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.