
Skrywers en Boeke 1 April 2020
Ilse Salzwedel gesels met Petrovna Metelerkamp oor die werk van Jeanne Goosen. Petrovna het onlangs 'n biografie van Jeanne saamgestel, asook 'n digbundel van Goosen se voorheen ongepubliseerde gedigte en 'n bundel getiteld LOS GEDAGTES met filosofiese aanhalings uit die gevierde skrywer, dramaturg en rubriekskrywer se pen. Johan Myburg gesels in sy rubriek oor die internasionale letterkunde onder andere oor 'n nuwe roman oor die lewe van Shakespeare se seun Hamnet, wat aan builepes dood is. Vind ook meer uit oor Leo Tolstoy se roman Anna Karenina waaroor verskeie rolprente gemaak is.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.