
Skrywers en boeke 21 Augustus 2024
Hoor hoe groot Karel Schoeman se bydrae tot die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse boekewêreld was, wanneer prof. Willie Burger gesels oor STILTES EN STEMME, ‘n huldigingsbundel oor die werk van Schoeman. Johan Myburg gesels oor ‘n interessante toekomsbiblioteekprojek waarby die skrywer, Tommy Orange, ook nou betrek is, die kortlys van die Dayton Vredesprys en ‘n hernieude belangstelling in liefdesverhale onder lesers wêreldwyd. Ons onthou ook die digter en liriekskrywer, Stephan Bouwer. Hy sou vandeesmaand 76 jaar oud gewees het, maar is in 1999 reeds oorlede.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.