
Kom vier Internasionale Jagluiperd-dag buite Otjiwarongo
Die Jagluiperd-bewaringsfonds nooi Namibiërs en toeriste om op Saterdag 5 Desember Internasionale Jagluiperd-dag by sy sentrum buite Otjiwarongo te kom vier. Die organisasie se stigter en uitvoerende direkteur, dr. Laurie Marker, sê die geleentheid gaan oor meer as net die feestelikhede en is daarop gemik om bewustheid oor jagluiperdbewaring te verhoog. Minder as 7 000 jagluiperds is na raming in die natuur oor en word bedreig deur habitatverlies, mens-dier konflik en onwettige handel.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.