
Paulus se woorde
Ek vrees dat ek tevergeefs aan julle gearbei het
(Galasiërs 3:24–4:11). Ek onthou, toe ons nog in Nieu-Seeland gewoon het, hoe die hele land ‘n paar keer aangegryp is deur die massa-stranding van loodswalvisse. Daar is met tye, om een of ander nog onverklaarbare rede, ‘n skynbare vasberadenheid by hulle om op die strand uit te spoel, dikwels in groot getalle. Vrywilligers stroom gewoonlik toe om te help om hierdie imposante diere weer terug te help diep-see toe. Totdat die gety reg is, word die walvisse natgegooi; hulle word deur omstanders getroos, en die walvisse se lot word die fokuspunt…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.