
Skrywers en Boeke 13 Mei 2020
Luister na 'n heruitsending van 'n insetsel oor 'n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie help om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Die digters Diana Ferrus, William Rowland en Jacques Coetzee lees werke voor wat hulle vir die projek geskep het. In Johan Myburg se internasionale letterkunde bydrae kan jy luister na 'n insetsel oor die werk van W.B. Yeats, asook voorlesings van drie van sy bekendste gedigte. Twee daarvan word deur die digter self voorgelees in 'n argiefopname wat 90 jaar gelede gemaak is.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.