
Skrywers en boeke 6 April 2022
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Michelle Meyer oor MOER, haar aangrypende en soms ontstellende debuutroman oor moederskap. Joan Hambidge bring hulde aan die digter Johan van Wyk, en jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met die digter en skrywer Ronel Nel. Albei is verlede week oorlede. Johan Myburg het nuus oor die wenner van die Rathbones-Folioprys, Colm Toibin, en die agt wenners van die Windham-Campbelpryse. Daar is ook ‘n aangrypende gedig, voorgelees deur die Russies-Amerikaanse digter Ilya Kaminski self, oor oorlog.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.