Latest / 100.5fm Nuus Klankgreep

Twee vandag in hof wat glo munisipale woordvoerder in Mpumalanga ontvoer en vermoor
Twee verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit, David Masombuka, Sondag. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy van Kwamhlanga na Witbank onderweg, maar hy het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank opgespoor. Sy liggaam is daar naby in 'n bebosde area gevind. Drie verdagtes is Sondag vasgetrek en het gister reeds in die hof verskyn. Nog twee is Maandag aangekeer. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle was…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.