
Skrywers en boeke 1 Julie 2020
Die skrywer, dramaturg en digter N.P. Van Wyk Louw is vanjaar 50 jaar gelede oorlede, en ons bring hulde aan die enigste skrywer wat vyf maal met die Hertzogprys bekroon is. Jy kan luister na uittreksels uit twee stemopnames waarin hy oor sy werk praat, onder andere met sy broer, W.E.G. Louw. Prof. Willie Burger gesels ook oor Louw se nalatenskap. Johan Myburg vertel meer van twee kinderboekhelde se verjaardae, en het nuus oor twee nuwe romans van Ali Smith en Elif Shafak.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.