skinny.

Latest / Netwerk24 Klankgolwe

Kwota-storm: Warriors gelooi met R500 000-boete

In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden en Fanie Heyns die jongste transformasie-herrie in Suid-Afrikaanse Krieket. Die Warriors is met ’n boete van R500 000 gelooi én is hul plek in die Eendagreeks se uitspeelwedstryde kwyt omdat hulle sonder toestemming nie aan KSA se transformasieteikens voldoen het vir ’n kragmeting met die Dolphins nie.

Ons bespreek dié situasie en kyk ook na transformasie in die breë in Suid-Afrikaanse krieket. Word genoeg gedoen om te verseker die Proteas het ’n groot en diverse talentpoel om uit te kies? Indien nie, wat kan nog gedoen word?…

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.