
GROETE VAN TANT MARTJIE deur Paula Hartzenberg
Martjie en Bruwer Groenewald (Rika Sennett en Anton Dekker) het nie 'n maklike lewe agter die rug nie. Daar is 'n leemte in Martjie se bestaan, wat sy hoop om uiteindelik te kan vul. Sy weet egter dit sal nie maklik wees nie. Haar man doen alles in sy vermoë om die hartseer wat sy nog altyd in haar ronddra, uiteindelik te verlig. Dit sluit in om Thomas Smit (Sean Brebnor) om te haal om haar op hulle plaas te besoek - oënskynlik om geldelike hulp by haar te kry. Thomas het 'n bevoorregte lewe gely. Hy is geheg aan sy ma (Bertha le Roux-Wahl), maar sekere feite wat ná sy pa se dood aan die lig…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.