
WYSIE OOR DIE WATER deur Albert Short
Wysie oor die water is opgeneem en vervaardig deur siggestremdes in die ateljee van Innovation for the Blind op Worcester. Dis ‘n stormagtige nag op ‘n skip. ‘n Meisie bevind haar op die skeepsdek, alhoewel sy weet dat die veiligste plek eintlik haar kajuit sou wees. Nogtans bly sy, en ontmoet sy ’n geheimsinnige jong man. Dadelik is dit asof hulle mekaar ‘n leeftyd al ken. In die verwarring van golwe, seewater en wind raak dit al hoe moeiliker om helder te dink. Wanneer reuse golwe oor die dek spoel, en jy skaars kan sien wat om jou aangaan, is dit maklik om perspektief te verloor. Later…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.