
LYNE WAT KRUIS deur Wilmi Wheeler
Janine is 19, vol twyfel en vars in die grootmenswêreld. Haar eerste werk - ’n oproepsentrum vir ’n versekeringsmaatskappy - voel eerder soos ’n daaglikse toets wat sy net nie kan slaag nie. Twee maande in en sy het nog nie ’n enkele polis verkoop nie. Lindsay, ’n meer ervare kollega, gooi vir haar ’n reddingsboei: ’n lys van kliënte wat aanlyn oor lewensversekering navraag gedoen het. Heel bo aan die lys: Maggie Grove. Janine verwag nog ’n standaard oproep, nog ’n ongemaklike of ongeskikte "nee dankie", maar wat sy kry, is iets…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.