
Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’
Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland.
“Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet.
Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in die skeidsregterswêreld bespeur en gee sy mening oor waarom so min Suid-Afrikaanse blasers op die grootste verhoog is.
Ons bespreek ook die agterlyn wat Rassie Erasmus vir Saterdag se tweede toets in Wellington gekies het.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.